Soek die meerkat – ‘n reis deur tyd

R70.00

Wat kry jy wanneer jy ’n moedswillige meerkatfamilie met ’n tydmasjien kruis? Epiese chaos! Willem Meerkat is aan die stuur en die familie maak reg vir ’n wilde, woeste reis deur tyd.

In elke prent ontdek die meerkatte ’n spesifieke tydperk.

Uit voorraad

Beskrywing

AGTERGROND

Wat kry jy wanneer jy ’n moedswillige meerkatfamilie met ’n tydmasjien kruis? Epiese chaos! Willem Meerkat is aan die stuur en die familie maak reg vir ’n wilde, woeste reis deur tyd. In elke prent ontdek die meerkatte ’n spesifieke tydperk: vind hulle tussen sluwe seerowers, antieke Egiptenare, brawe ridders en wrede Wikings. In elke prent is daar honderde dinge om raak te sien. Maak gereed vir ’n opwindende avontuur en reis saam met die meerkatte deur die eeue.

Die storie is humoristies en propvol avontuur – pragtig geïllustreer en perfek vir selflees en voorlees.

 

OOR DIE OUTEUR

Paul Moran is ‘n VN-gebaseerde illustreerder, wie jare se ondervinding in die produksie van illustrasies vir boeke, tydskrifte en speelgoed het. Hy gebruik beide digitale en tradisionele tegnieke in sy werk. Hy is ook die illustreerder van die Sunday Times Topverkoper Where’s the Unicorn?

 

LESERSPROFIEL

Kleuters 4+, voorskool en jeug (7-9jaar)

Addisionele Inligting

Gewig 0.5 kg
Mates 28.0 × 21.5 cm
Outeur

Paul Moran

Illustreerder

Paul Moran

Vertaler

Caren van Houwelingen

Verskyningsdatum

Oktober 2013

Omslag

Hardeband

Aantal bladsye

48

ISBN

978-1-86919-945-6

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Soek die meerkat – ‘n reis deur tyd" te beoordeel
Mandjie