Afslag!

Slym

Original price was: R265.00.Current price is: R200.00.

Ontmoet Ned – die buitengewone seun met ’n spesiale superkrag, SLYMKRAG!

10 in voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

Betree die wêreld van David Walliams!

 

AGTERGROND

Welkom op die eiland Molm … Hierdie eiland is die tuiste van ’n groot groep gemene grootmense. Die skool, die park, die speelgoedwinkel en selfs die eiland se roomystrokkie behoort aan gruwelike grootmense wat niks meer geniet as om kinders aaklig te laat voel nie. En die eiland word besit deur die gruwelikste grootmens van almal – tannie Grieta Gierig!

Iemand moet iets aan die saak doen. Maar wie sal dapper genoeg wees?

Ontmoet Ned – die buitengewone seun met ’n spesiale superkrag, SLYMKRAG!

 

OOR DIE OUTEUR

David Walliams het die kinderboekwêreld stormenderhand verower. Tans is hy die grootste Britse kinderboekouteur wat die afgelope dekade gedebuteer het. Sy boeke het sover meer as 25 miljoen eksemplare verkoop, en is sover in meer as 53 tale vertaal – Afrikaans ingesluit!

Mr Stink (Mnr Stink, 2016), The Boy in the Dress (wat in 2017 as Die seun in die rok by Protea verskyn), Gangsta Granny (Ouma is ’n kroek, 2015) en Billionaire Boy (Boudebiljoenêr, 2016) is aangepas vir Britse televisie. Ratburger (Rotburger, 2015) en Demon Dentist (Die tandeterroris, 2017) het albei die National Book Awards Children’s Book of the Year in Brittanje gewen. Dit is geen verrassing dat Walliams in dieselfde asem genoem word as sy held Roald Dahl nie.

 

OOR DIE ILLUSTREERDER

Tony Ross is ’n baie suksesvolle kinderboekillustreerder wat bekend is vir titels soos Harry the Poisonous Centipede deur Lynne Reid Banks, en die Little Wolf-reeks deur Ian Whybrow.

 

OOR DIE VERTALER

Kobus Geldenhuys is bekend vir sy kinderboek­vertalings van outeurs soos J.K. Rowling en Roald Dahl. In 2015 het hy die Elsabé Steenbergprys vir vertaalde kinder- en jeugliteratuur in Afrikaans ontvang vir Cressida Cowell se Hoe om jou draak te tem: Hoe om Drakonees te praat, en in 2018 vir M.G. Leonard se Kewerknaap. In 2016 is hy met die Alba Bouwerprys vir kinder- en jeugliteratuur bekroon vir sy vertaling van Michael Morpurgo se Hoekom die walvisse gekom het. Hy het by geleentheid ook Artes- en Safta-toekennings ontvang, en is verskeie kere benoem vir sy gesinchroniseerde vertalings van TV-reekse en animasiefilms vir die destydse SAUK-oorklankingsafdeling. Wanneer hy nie vertaal nie, skryf hy televisietekste vir Suid-Afrikaanse sepies en dramas soos Villa Rosa, Swartwater, Binnelanders en Suidooster.

 

LESERSPROFIEL

Voorskool, Jeug, Tiener

 

 

 

Addisionele Inligting

Gewig .470 kg
Mates 19.7 × 12.7 cm
Outeur

David Walliams

Vertaler

Kobus Geldenhuys

Illustreerder

Tony Ross

Verskyningsdatum

Desember 2022

Aantal bladsye

312

Omslag

Sagteband

ISBN

978-1-4853-1187-4

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Slym" te beoordeel
Mandjie