Beskrywing
AGTERGROND
Robbie Ramkat is die nuwe suksesreeks van die uiters gewilde jeugskrywer Marc de Bel. Die Robbie Ramkat-reeks (Roesty Spetter in Nederlands) was vanaf die eerste boek ’n groot sukses in Nederland en Vlaandere. Met die vertaling in Afrikaans gaan die effens vet maar dapper kat – op sy dag die “Kampioenkat van die Jaar” – nou ook die harte van jong Suid-Afrikaanse lesers verower.
Die bal van Bil Jart is die tweede boek in die geïllustreerde reeks van Marc de Bel. Kieta, Robbie se vriendinnetjie, gaan trek. Haar eienaar moet die huurhuis verlaat omdat hy nie geld het om dit te koop nie. ’n Groot jammerte, want dit hoef glad nie ’n probleem te gewees het nie. Die man besit iets baie waardevols: die bal van Bil Jart, ’n unieke tennisbal met ’n handtekening daarop. Hierdie kosbare bal is egter gesteel. Kieta is raadop … en Robbie is reg vir aksie.
LESERSPROFIEL
Kinder 8 +
Resensies
Daar is tans geen resensies nie.