Afslag!

Die Reus van der Bees

Original price was: R160.00.Current price is: R140.00.

Reus Van der Bees is ’n nare ou brompot, en as hy honger raak, dan mor en knor die grompot:

“Fie! Faai! Fam! Fou!

Ek’s lus vir knaag. Ek’s lus vir kou.

Ek soek na ’n kind wat ek gou kan verslind.

’n Kind vir my pan en sy voornaam is Jan!”

Die verhaal van die reus wat op soek is na ’n kind vir sy maaltyd. ’n Seun genaamd Jan het ’n ander reus by ’n boontjierank uitoorlê – dus, wie sal dan nou beter smaak op ’n reusebord as dié klein karnallie?

Perfek vir voorlees en selflees.

Rymvertaling deur die bekende Philip de Vos.

 

15 in voorraad (kan steeds bestel word)

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

Reus Van der Bees is ’n nare ou brompot, en as hy honger raak, dan mor en knor die grompot:

“Fie! Faai! Fam! Fou!

Ek’s lus vir knaag. Ek’s lus vir kou.

Ek soek na ’n kind wat ek gou kan verslind.

’n Kind vir my pan en sy voornaam is Jan!”

Hierdie boek, geskryf deur Elli Woollard en pragtig geïllustreer deur die bekende en bekroonde Benji Davies, vertel die verhaal van die reus wat op soek is na ’n kind vir sy maaltyd. ’n Seun genaamd Jan het ’n ander reus by ’n boontjierank uitoorlê – dus, wie sal dan nou beter smaak op ’n reusebord as dié klein karnallie.

 

OOR DIE OUTEUR

Elli Woollard is die skrywer van talle prenteboeke en kinderrympies. Sy skryf pittige, humoristiese rympies wat baie gewild is onder jong lesers. Dié boek, haar debut, was ’n groot sukses in Engeland. Sy woon in Londen met haar man en vier kinders.

 

DIE ILLUSTREERDER 

 Benji Davies het animasie gestudeer en werk aan ’n verskeidenheid projekte, van prenteboeke tot kort animasieprente en advertensies. Sy eie boek The Storm Whale (deur Protea Boekhuis uigegee as Die stormwalvis) het die Oscar’s Book Prize gewen. Sy tweede boek, Grandad’s Island  (deur Protea Boekhuis uitgegee as Oupa se eiland) het die AOI World Illustration Award gewen in 2015, asook die Children’s Book of the Year-toekenning in 2016.

 

OOR DIE VERTALER 

Philip de Vos (1939) is veral bekend as fotograaf, skrywer en digter. Hy doen baie rymvertalings en het heelwat lirieke vir animasieprogramme op TV geskryf. Hy is ook al bekroon met die ATKV-kinderboektoekenning (1989), M.E.R.-prys (1996) en die Alba Bouwer-prys (1998). In 2004 het hy ’n IBBY internasionale toekenning ontvang vir sy vertaling van Die spree met foete.

 

LESERSPROFIEL

Kinders van 3-8 jaar oud

Voorlees en Selflees

 

 

Addisionele Inligting

Gewig .300 kg
Mates 28 × 22.4 cm
Outeur

Elli Woollard

Illustreerder

Benji Davies

Vertaler

Philip de Vos

Verskyningsdatum

Julie 2018

Omslag

Hardeband

Aantal bladsye

32

ISBN

978-1-4853-0917-8

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Die Reus van der Bees" te beoordeel
Mandjie