Peter Pan en Laurie

R200.00

5 in voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

Meer as ’n honderd jaar nadat die boek Peter and Wendy deur J.M. Barrie in Engeland gepubliseer is, verskyn Marié Heese se opvolgstorie Peter Pan en Laurie by Protea Boekhuis in Suid-Afrika. Dit word gelyktydig in Engels en Afrikaans vrygestel, met sjarmante illustrasies deur Marjorie van Heerden. Marié Heese het reeds verskeie kinderstories gepubliseer en vertaal. In hierdie storie hou sy redelik naby aan die atmosfeer en verteltrant van die oorspronklike werk. Natuurlik is Peter nog net soos hy was, avontuurlik en vry, maar die meisie wat hy dié keer na die Nimmerland met hom saamneem, is ietwat anders as die moederlike Wendy. Sy nuwe feetjie-maat heet Klokkelokkies. Daar is ander Verlore Seuns, en ander vyande om te trotseer, veral die groteske reus, Half-gevreet, leier van die Grillergaaie, wat net ’n halwe kop het en die ore van sy oorwonne vyande pekel, aan ’n tou om sy nek hang en kou. Hy soek Peter se ore vir sy versameling. En daar is dinosaurusse wat die eiland wil oorneem …

 

OOR DIE OUTEUR

Marié Heese woon in Stilbaai en die Klein Karoo. Sy is veral bekend vir Die uurwerk kantel wat vir die eerste keer in 1976 verskyn, en in 2006 en 2015 as klassieke werk herdruk is. Voorts is sy ook die outeur van bekende kinder- en jeugverhale soos Die Pikkewouters van Amper-Stamperland (eerste druk in 1974, heruitgawe in 2008) en Karoo-kantate (2013). Sy publiseer drie Engelse historiese romans, ondermeer The Double Crown wat in 2010 bekroon is met die Statebondsprys vir beste boek in Afrika. Haar roman oor die keiserin Theodora van Bisantium, The Colour of Power, is in Turks vertaal en het die langlys gehaal vir die Wole Soyinka Prize for Literature in Africa, waarvoor daar 402 (Engels- en Franstalige) inskrywings was uit 26 lande. Die opvolgroman, A Triple-headed Serpent, verskyn in 2012. In 2013 verskyn Heese se eerste Afrikaanse roman in 30 jaar, die eerste prehistoriese roman in Afrikaans, Vuurklip. Haar roman oor die vormingsjare van die kunstenaar Gianlorenzo Bernini, met die titel Maestro, verskyn in 2016. Verskeie van haar kortverhale is in versamelbundels opgeneem. Tans word die moontlikheid ondersoek om Haiku for Africa, ’n bundel haikoes wat in 1997 by Unisa verskyn het (heruitgawe in 2015), in Duits en Japannees te vertaal.

 

OOR DIE ILLUSTREERDER

Marjorie van Heerden woon in Gordonsbaai. Sedert die publikasie van haar eerste kinderboek in 1983, het daar alreeds meer as 120 boeke wat sy geillustreer of geskryf/geïllustreer het, in Afrika, Brittanje, Europa, die Ooste, Kanada en die VSA verskyn en haar werk is in 34 tale vertaal. In 2011 is sy met die W.B. Mkhize-toekenning bekroon vir die Zoeloe-uitgawe van Lulama’s long way home (Uhambo LukaLulama Olude) (Giraffe Books, 2011) en sy het twee M.E.R.-toekennings ontvang vir Nina en Eendjie (Human & Rousseau, 2007) en Goblin Diaries: Apprenticed to the Red Witch (Tafelberg, 2011).

Hierdie publikasie is ook beskikbaar in Engels, Peter Pan and Laurie.

 

LESERSPROFIEL

Jeug (8-12 jaar)

 

Addisionele Inligting

Mates 22.0 × 16 cm
Outeur

Marié Heese

Illustreerder

Marjorie van Heerden

Omslag

Sagteband

Verskyningsdatum

Mei 2019

Aantal bladsye

216

ISBN

978-1-4853-1005-1

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Peter Pan en Laurie" te beoordeel
Mandjie