Paul en Vlekkie

R160.00

Paul en sy ouers het onlangs van die platteland na die groot stad getrek. En al is die stad vol mense en bedrywigheid, is Paul eensaam. Op ’n dag gaan stap hy in die reën en kom op ’n klein hondjie af wat verdwaal is. Hy soek die eienaar van die hondjie, maar kry niemand en besluit om Vlekkie huis toe te vat. Hulle word groot vriende, maar Vlekkie mis sy basie, veral teen slaaptyd. Paul weet dis die regte ding om Vlekkie se eienaar te soek, al wil hy nie die hondjie verloor nie. Maar om die regte ding te doen bring vir Paul onverwagse geluk…

Dis ’n pragtige storie wat hartsnare roer. Dit leer kinders dat “optelgoed” nie “hougoed” is nie, en dat om die regte ding te doen meer verrykend en bevredigend is as wat hulle dalk dink.

Hierdie is die eerste Paul & Vlekkie-verhaal. Die tweede titel, Paul & Vlekkie: Die verlore pikkewyn, is ook beskikbaar.

4 in voorraad

Beskrywing

AGTERGROND

Paul en sy ouers het onlangs van die platteland na die groot stad getrek. En al is die stad vol mense en bedrywigheid, is Paul eensaam. Op ’n dag gaan stap hy in die reën en kom op ’n klein hondjie af wat verdwaal is. Hy soek die eienaar van die hondjie, maar kry niemand en besluit om Vlekkie huis toe te vat. Hulle word groot vriende, maar Vlekkie mis sy basie, veral teen slaaptyd. Paul weet dis die regte ding om Vlekkie se eienaar te soek, al wil hy nie die hondjie verloor nie. Maar om die regte ding te doen bring vir Paul onverwagse geluk…

Dis ’n pragtige storie wat hartsnare roer. Dit leer kinders dat “optelgoed” nie “hougoed” is nie en dat dit aan die regte eienaar behoort. En om die regte ding te doen is meer verrykend en bevredigend as wat hulle dink.

 

Hierdie is die eerste Paul & Vlekkie-verhaal. Die tweede titel, Paul & Vlekkie: Die verlore pikkewyn, is ook beskikbaar.

 

OOR DIE OUTEUR

Claire Freedman is ‘n baie suksesvolle skrywer wat topverkopers skryf vir kinders 0-8 jaar oud.

 

OOR DIE ILLUSTREERDER

Kate Hindley is ‘n bekroonde illustreerder van kinderboeke.

 

LESERSPROFIEL

Kleuters, Voorskool, Jeug

  • Kinders van 3-8 jaar oud
  • Skole (voorlees-/eerste leesboekies)
  • Diereliefhebbers

 

Addisionele Inligting

Gewig 0.500 kg
Mates 26 × 26 cm
Outeur

Claire Freedman

Illustreerder

Kate Hindley

Vertaler

Kristèl de Weerd

Verskyningsdatum

Junie 2017

Omslag

Hardeband

Aantal bladsye

32

ISBN

978-1-4853-0775-4

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Paul en Vlekkie" te beoordeel
Mandjie