Pampoenpit kry ‘n beat

R150.00

Die boek is vrolik en kleurvol geïllustreer deur Zinelda McDonald en dit nooi die lesertjie om interaktief deel van die storie te word. Sekere woorde moet hard gesê word, en ander moet weer gefluister word. Boonop is daar lekker tongknopers om saam te sing met die voorlesing wat met ‘n QR kode geaktiveer kan word. Die boekie sal enige kind aan die gang kry met sy prettige vertelstyl en vrolike storie.

1 in voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

Pampoenpit word een oggend wakker met ’n spesiale liedjie in haar hart. ’n Op en wakker ritme wat binne haar borrel en bruis … Die musiek is ongeduldig, dit wil almal graag laat sing. Die ritme wil die hele buurt laat dans en laat rondspring! Kort voor lank vaar Pampoenpit die strate in om haar spesiale liedjie met almal te deel!

Die boek is vrolik en kleurvol geïllustreer deur Zinelda McDonald en dit nooi die lesertjie om interaktief deel van die storie te word. Sekere woorde moet hard gesê word, en ander moet weer gefluister word. Boonop is daar lekker tongknopers om saam te sing met die voorlesing wat met ‘n QR kode geaktiveer kan word. Die boekie sal enige kind aan die gang kry met sy prettige vertelstyl en vrolike storie.

 

OOR DIE OUTEUR

Bianca Flanders is ’n aktrise, stemkunstenaar en onderwyser wat in Kaapstad woon. Sy het in 2011 haar graad in Drama- en Teaterstudie aan die Universiteit van Kaapstad (UK) behaal. In die daaropvolgende jaar, het Bianca ook ’n nagraadse sertifikaat in onderwys by UK verwerf. Bianca was ’n onderwyser by Camps Bay High en sy was ook verbonde aan Battswood Arts Centre en City Varsity. Vir haar akteurswerk ontvang Bianca in 2016 ’n Fleur de Cap-nominasie vir haar rol as Miela in “Kristalvlakte”. In 2018 word sy ook genomineer vir ’n WoordTROfees-toekenning.

 

LESERSPROFIEL

Kleuters, Voorskool en Jong Jeug

 

Addisionele Inligting

Outeur

Bianca Flanders

Illustreerder

Zinelda McDonald

Verskyningsdatum

Junie 2023

Omslag

Sagteband

ISBN

9780637001779

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Pampoenpit kry ‘n beat" te beoordeel

Jy mag ook hou van…

PRYSWENNER
Mandjie