Padda is Padda

R160.00

Padda voel nutteloos, want hy kan nie vlieg soos Eend nie en hy het ook nie ʼn talent vir goeters maak soos Rot nie. Hy wens hy kan koekbak soos Vark, of so vlot lees soos Haas. Maar dan besef Padda dat hy uniek, spesiaal en talentvol op sy eie manier is – hy is pragtig en groen, en kan beter swem en spring as enigiemand anders!

Padda is Padda verduidelik dat elke kind uniek is en oor sy eie talente beskik – dit maak hom nie beter of slegter as ʼn ander kind nie. En almal is lief vir Padda net soos hy is! Padda leer dat dit die beste is om net homself te wees.

“Die stories van Padda en sy diverse groep vriende beeld uit dat die lewe moeilik kan wees, maar op die ou end is dit goed en daar is troos: Moenie opgee nie en moenie geloof verloor nie, want jy is sterker as wat jy dink, en jy is nie alleen nie. ”

ʼn Wonderlike boek vir kinders, ouers en onderwysers.

Spaar en koop die bundel van 4 boeke! (Sien “Bundels”.)

9 in voorraad

Beskrywing

AGTERGROND

Padda voel nutteloos, want hy kan nie vlieg soos Eend nie en hy het ook nie ʼn talent vir goeters maak soos Rot nie. Hy wens hy kan koekbak soos Vark, of so vlot lees soos Haas. Maar dan besef Padda dat hy uniek, spesiaal en talentvol op sy eie manier is – hy is pragtig en groen, en kan beter swem en spring as enigiemand anders!

Padda is Padda is ʼn storie vol pret en pragtige illustrasies. Die storie verduidelik dat elke kind uniek is en oor sy eie talente beskik – dit maak hom nie beter of slegter as ʼn ander kind nie. En almal is lief vir Padda net soos hy is! Padda leer dat dit die beste is om net homself te wees.

“Die stories van Padda en sy diverse groep vriende beeld uit dat die lewe moeilik kan wees, maar op die ou end is dit goed en daar is troos: Moenie opgee nie en moenie geloof verloor nie, want jy is sterker as wat jy dink, en jy is nie alleen nie. ”

Dis ʼn wonderlike boek vir kinders, ouers en onderwysers.

Spaar en koop die bundel van 4 boeke! (Sien “Bundels”.)

 

OOR DIE OUTEUR & ILLUSTREERDER

Max Velthuijs (1923-2005) was ‘n Nederlandse skilder, illustreerder en skrywer. In 2004 ontvang hy die Hans Christian Andersen-medalje vir sy “blywende bydrae tot kinderliteratuur”. Velthuijs is die beste bekend vir die Padda-prenteboeke. Die eerste was Frog in Love, in 1989 deur Andersen Press gepubliseer, wat internasionale erkenning verkry het.

“Die stories van Padda en sy diverse groep vriende beeld uit dat die lewe moeilik kan wees, maar op die ou end is dit goed en daar is troos: Moenie opgee nie en moenie geloof verloor nie, want jy is sterker as wat jy dink, en jy is nie alleen nie. ”

 

LESERSPROFIEL

Kinders: 3 – 7 jaar

Dis ʼn wonderlike boek vir kinders, ouers en onderwysers.

Addisionele Inligting

Gewig 0.395 kg
Mates 27.5 × 24.0 cm
Outeur

Max Velthuijs

Illustreerder

Max Velthuijs

Vertaler

Julie 2015

Verskyningsdatum

Julie 2015

Omslag

Hardeband

Aantal bladsye

32

ISBN

978-1-4853-0299-5

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Padda is Padda" te beoordeel
Mandjie