Padda en die vreemdeling

R160.00

Rot, ’n vreemdeling, slaan kamp op aan die ander kant van die rivier. Padda se maats is vies – Rot is anders as hulle. Hy hoort nie daar nie. Hulle waarsku vir Padda om weg te bly van hom af, want alle rotte is vuil, dom en grillerig. Maar Padda besluit om vir Rot beter te leer ken. En wat ’n verrassing! Rot kan lees en skryf en drie tale praat! Verder is hy altyd vrolik en hulpvaardig. Padda is baie hartseer toe Rot weer vertrek, maar Rot belowe om eendag terug te kom om ’n brug oor die rivier te bou …

“Die stories van Padda en sy diverse groep vriende beeld uit dat die lewe moeilik kan wees, maar op die ou end is dit goed en daar is troos: Moenie opgee nie en moenie geloof verloor nie, want jy is sterker as wat jy dink, en jy is nie alleen nie. ”

Spaar en koop die bundel van 4 boeke! (Sien “Bundels”.)

11 in voorraad

Beskrywing

AGTERGROND

OOR DIE OUTEUR & ILLUSTREERDER

Max Velthuijs (1923-2005) was ‘n Nederlandse skilder, illustreerder en skrywer. In 2004 ontvang hy die Hans Christian Andersen-medalje vir sy “blywende bydrae tot kinderliteratuur”. Velthuijs is die beste bekend vir die Padda-prenteboeke. Die eerste was Frog in Love, in 1989 deur Andersen Press gepubliseer, wat internasionale erkenning verkry het.

LESERSPROFIEL

Kinders: 3 – 7 jaar

Addisionele Inligting

Gewig 0.395 kg
Mates 27.5 × 24.0 cm
Outeur

Max Velthuijs

Illustreerder

Max Velthuijs

Vertaler

Carla Lang

Verskyningsdatum

September 2016

Omslag

Hardeband

Aantal bladsye

32

ISBN

978-1-4853-0649-8

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Padda en die vreemdeling" te beoordeel
Mandjie