Padda en die voëlgesang

R160.00

Een pragtige herfsdag ontdek Padda ’n pikswart lyster wat roerloos op die grond lê. Baie bekommerd wonder hy en sy vriende wat die voël makeer.

Padda en die voëlgesang is ʼn storie vol pret en pragtige illustrasies, maar bevat ook ʼn lewensles. In hierdie treffende verhaal maak die diere op ’n eenvoudige dog mooi manier met die dood kennis en besef hulle hoe ’n groot voorreg dit is om te lewe.

“Die stories van Padda en sy diverse groep vriende beeld uit dat die lewe moeilik kan wees, maar op die ou end is dit goed en daar is troos: Moenie opgee nie en moenie geloof verloor nie, want jy is sterker as wat jy dink, en jy is nie alleen nie. ”

Spaar en koop die bundel van 4 boeke! (Sien “Bundels”.)

10 in voorraad

Beskrywing

AGTERGROND

Een pragtige herfsdag ontdek Padda ’n pikswart lyster wat roerloos op die grond lê. Baie bekommerd wonder hy en sy vriende wat die voël makeer.

Padda en die voëlgesang is ʼn storie vol pret en pragtige illustrasies, maar bevat ook ʼn lewensles. In hierdie treffende verhaal maak die diere op ’n eenvoudige dog mooi manier met die dood kennis en besef hulle hoe ’n groot voorreg dit is om te lewe.

Spaar en koop die bundel van 4 boeke! (Sien “Bundels”.)

 

OOR DIE OUTEUR & ILLUSTREERDER

Max Velthuijs (1923-2005) was ‘n Nederlandse skilder, illustreerder en skrywer. In 2004 ontvang hy die Hans Christian Andersen-medalje vir sy “blywende bydrae tot kinderliteratuur”. Velthuijs is die beste bekend vir die Padda-prenteboeke. Die eerste was Frog in Love, in 1989 deur Andersen Press gepubliseer, wat internasionale erkenning verkry het.

 

LESERSPROFIEL

Kinders: 3 – 7 jaar

 

Addisionele Inligting

Gewig 0.395 kg
Mates 27.5 × 24.0 cm
Outeur

Max Velthuijs

Illustreerder

Max Velthuijs

Verskyningsdatum

September 2018

Omslag

Hardeband

Aantal bladsye

32

ISBN

978-1-4853-0979-6

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Padda en die voëlgesang" te beoordeel
Mandjie