Ouma Voëltjie

R170.00

Dit is somer en Noi gaan by sy ouma bly. Noi is eers nie baie opgewonde oor die kuier nie – Ouma doen vreemde goed soos om haar tande in ’n fles te bêre en sop van seewier te kook …

’n Pragtige verhaal van ’n kleinkind en sy ouma wat ’n hegte vriendskap ontwikkel terwyl hulle windverwaaide voëltjies red.

 

12 in voorraad

Beskrywing

AGTERGROND

Dit is somer en Noi gaan by sy ouma bly. Ouma woon op ’n rots ver weg. Noi is eers nie baie opgewonde oor die kuier nie – Ouma doen vreemde goed soos om haar tande in ’n fles te bêre en sop van seewier te kook. En sy is altyd besig met iets en het geen tyd om met hom te speel nie.

Een oggend sluip Noi uit op soek na avontuur. Maar dan breek ’n storm op, die gety kom in, en hy probeer sy pad na Ouma se huis terugvind. En dan oortref Ouma al sy verwagtinge!

’n Pragtige verhaal van ’n kleinkind en sy ouma wat ’n hegte vriendskap ontwikkel terwyl hulle windverwaaide voëltjies red.

 

OOR DIE OUTEUR EN ILLUSTREERDER

Benji Davies is ’n illustreerder, skrywer en animasieregisseur. The Storm whale is sy debuut kinderboek en het die Oscar’s se eerste boekprys in 2014 gewen en was op die kortlys van die Booktrust se toekennings vir beste boek. Sy tweede boek, Grandad’s island het die prys AOI Wêreld Illustrasietoekennings in 2015 kategorie kinderboeke gewen en het die prys beste kinderboek van die jaar by die Sainsbury se Kinderboektoekennings in 2015 gewen. Hy het animasie studeer en werk aan ’n reeks projekte; van kinderboeke tot geanimeerde kortfilms, musiekvideo’s en advertensies.

 

LESERSPROFIEL

3+

 

Addisionele Inligting

Gewig 0.300 kg
Mates 245 × 278 cm
Outeur

Benji Davies

Illustreerder

Benji Davies

Verskyningsdatum

Januarie 2020

Omslag

Hardeband

Aantal bladsye

32

ISBN

978-1-4853-1024-2

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Ouma Voëltjie" te beoordeel
Mandjie