Beskrywing
AGTERGROND
Renosters tel, olifantmis en ‘n lugskip met hittesoekende sensors en ‘n meganiese slurp . . . ’n vakansie saam met ouma Hester is nooit vervelig nie! Maar wie is Wang Mang? Hoekom het hy ‘n tenk vol rooi-en-wit gespikkelde vissies in sy helikopter? Wat wil hy met Thembi en Joe se mak renoster, Mafuta, maak? En wat het al hierdie dinge met olifante se toiletgewoontes uit te waai? Maak gereed, want ouma Hester, Tiaan en Lisa is in die Krugerwildtuin . . . en die spaanders gaan spat!
OOR DIE OUTEUR
Janie Oosthuysen is die skrywer van verskeie kinderboeke soos die Ouma Hester en Grandma Duckitt-reekse, Juffrou Luisenbosch en die breinwassers, Professor Eksperimento se verskriklike formules, Sersant Spochter se ongelooflike leuenverklikker, e.a. Sy is die wenner van die S. A. Akademie vir Wetenskap en Kuns se vertaalprys vir die eerste 5 Harry Potter-boeke in Afrikaans. Sy het ook vier van die verhale in die Narnia-reeks vertaal, asook die eerste in die Artemis Fowl-reeks. Janie het ’n aanlyn-afstand kursus, Skryfgeheime, wat oor twaalf maande en tien modules strek. Hierin deel sy haar kennis en ervaring oor die skryf van kinder-en-jeugboeke. Dis prettig, prakties en professioneel.
LESERSPROFIEL
Jeug
Resensies
Daar is tans geen resensies nie.