Ouma-Emma-Mamma

R160.00

In hierdie verhaal is ’n liefdevolle verhouding tussen drie generasies verweef.

 

“Soek my!”
Emma, die klein verkleurmannetjie wil met haar ouma wegkruipertjie speel.
Eers kruip Emma weg.
Dan kruip Ouma weg.

 

 

15 in voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

“Soek my!”
Emma, die klein verkleurmannetjie wil met haar ouma wegkruipertjie speel.
Eers kruip Emma weg.
Dan kruip Ouma weg.
In hierdie verhaal is ’n liefdevolle verhouding tussen drie generasies verweef.

 

OOR DIE OUTEUR

Lorenz Pauli is in 1967 gebore en het eers bankwese studeer voor hy by die Marzili-leerskool in Berne studeer het om ’n kleuterskoolonderwyser te word. Sedert 1989 beoefen hy hierdie amp in Zollikofen, maar deesdae werk hy slegs deeltyds omdat hy gereeld besig is om stories uit te dink. Hy bly saam met sy familie in Berne en is in 2003 genomineer vir ’n eervolle vermelding van die Oostenrykse Prys vir Poësie vir Kinders.

 

OOR DIE ILLUSTREERDER

Kathrin Schärer is in 1969 in Basel gebore en het haarself as onderwyser in kuns en handwerk gekwalifiseer by die Basel Akademie van Kuns en Ontwerp. Sy gee klas by ’n skool vir kinders met spraakprobleme en werk as ’n vryskutillustreerder. Oor die jare het sy verskeie van haar eie boeke geïllustreer as ook dié van bekende outeurs soos Lorenz Pauli.

 

LESERSPROFIEL

Kleuters en voorskool

 

 

Addisionele Inligting

Mates 30 × 28.5 cm
Outeur

Lorenz Pauli

Illustreerder

Kathrin Schärer

Vertaler

Carmen Hansen-Kruger

Verskyningsdatum

September 2012

Aantal bladsye

32

Omslag

Hardeband

ISBN

978-1-86919-755-1

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Ouma-Emma-Mamma" te beoordeel
Mandjie