Ottie

R100.00

Ottie se pa is ʼn sjef by die Koperlyster Hotel. Hy word baie min betaal en omdat hy nie die regte papiere het nie, kan hy nie sommer net ʼn ander werk gaan soek nie. Wanneer die nare hoteleienaar hom ontslaan, moet Ottie en haar pa in hul bussie rondtrek en vir hom ʼn nuwe werk soek, maar eers gaan kampeer hulle uit in die parkeerterrein voor die “rekenaargebou” waar hy sy papiere moet kry … Ottie verstaan nie veel hiervan nie en hul dierevriendjies ook nie. Wanneer die polisieman hulle kom wegjaag, vlieg Kwark, die kraai, voor die bussie uit om vir hulle ʼn rustige kampeerplek uit te wys. Intussen raak die twee muise in Ottie se mandjie, wat van die hotel af saamgekom het om “Die Wye Wêreld” te sien, onrustig omdat hulle nog nie in Musotopia, oftewel die Muisparadys, is nie.

18 in voorraad

Beskrywing

AGTERGROND

OOR DIE OUTEUR 

Annie M.G. Scmidt is in 1911 in Kapelle, Nederland, gebore. Sy het eers in ’n biblioteek gewerk en daarna vir Het Parool, ’n Amsterdamse koerant. Haar kinderboeke is wêreldwyd bekend. In 1988 het sy die hoogste internasionale toekenning vir kinderboekskrywers, die Hans Christian Andersenprys, gekry. Die beroemde Sweedse skryfster Astrid Lindgren het dit aan haar oorhandig. Annie M.G. Schmidt het op 21 Mei 1995, die nag ná haar vier-en-tagtigste verjaardag, gesterf.

OOR DIE VERTALER

Marietjie Nelson het Latyn en Vertaalstudies aan die NWU doseer toe dit nog die Universiteit van Potchefstroom was. In 1992 voltooi sy ’n DLitt oor die vertaling van kinderboeke, met spesifieke verwysing na vertalings vanuit Nederlands. Sindsdien werk sy as vryskut-vertaler in tale waarvoor sy akkreditasie het, naamlik Afrikaans, Engels en Nederlands. Benewens die verskeie artikels oor filosofiese en godsdienstige kwessies, het sy ook ’n reeks van vyf jeugboeke deur L Penning oor die Anglo-Boereoorlog vanaf Nederlands na Engels vertaal, vir ’n Kanadese uitgewer. Sy tree van tyd tot tyd ook op as eksamineerder vir SATI se akkreditasie-eksamens.

LESERSPROFIEL

6-12 jaar

Addisionele Inligting

Mates 25 × 19 cm
Outeur

Annie M.G. Schmidt

Illustreerder

Sophia Maria "Fiep" Westendorp

Vertaler

Marietjie Nelson

Verskyningsdatum

2011

Aantal bladsye

160

Omslag

Hardeband

ISBN

978-1-86919-438-3

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Ottie" te beoordeel
Mandjie