Description
AGTERGROND
Ná ’n lang en diep slaap word die draak wakker. En hy is honger, vreeslik honger. Die mense van die dorp stuur vir hom die klein seuntjie Oskar, en hy is net ’n klein happie! Oskar sal nie sy honger stil nie. Maar Oskar kan kosmaak. Sulke lekker kos dat die draak hom sal mis as hy hom moet opeet …
OOR DIE OUTEUR
Ute Krause is in 1960 in Berlyn gebore en woon deesdae in New York en Berlyn. Sy het haarself gevestig as een van Duitsland se voorste kinderboekskrywers en –illustreerders, en draaiboekskrywers.
OOR DIE VERTALER
Daniel Hugo was ’n spesialisomroeper by Radiosondergrense en is steeds verantwoordelik vir die literêre program “Leeskring”. Hy is ’n gerekende digter met rees 13 poësiebundels op sy kerfstok. As vertaler het hy reeds die werke van o.a. Tom Lanoye, Herman de Coninck, Harry Mulisch, Herman van Veen, en Cecily Mary Barker in Afrikaans vertaal.
LESERSPROFIEL
Kinders tussen 5 en 8 en jaar.
Reviews
There are no reviews yet.