Ontsluit die GENIE in jou!

R180.00

Ontsluit die GENIE in jou! is die sleutel waarmee elke leerder die beste (maar tans dalk versteekte) weergawe van sy/haar unieke self kan ontdek. Géén huishouding behoort sonder ‘n kopie te wees nie.

9 in voorraad

Beskrywing

AGTERGROND

Ontsluit die genie in jou! is die mees omvattende, pasgemaakte boek waarmee die akademiese uitdagings van hierdie spesifieke tyd ore aangesit kan word. Aktiewe bemoeienis met die inhoud kan elke leerder omskep tot die beste weergawe van sy unieke
menswees en ‘n bevredigende leerervaring bewerkstellig.

Dr Ester de Waal gesels gemaklik met leerders oor hul breinvoorkeure en leerstyle, die suksesvolle bestuur van hul leerervaring, strategieë om geheue en konsentrasie te verbeter, die benadering van huiswerk, take en assesserings, asook die oorkoming van die struikelblokke wat effektiewe leer in die wiele ry.

 

Ontsluit die genie in jou! is die sleutel waarmee elke leerder die beste (maar tans dalk versteekte) weergawe van sy/haar unieke self kan ontdek. Géén huishouding behoort sonder ‘n kopie te wees nie.

 

OOR DIE OUTEUR
Dr De Waal is ‘n welbekende in akademiese kringe nadat sy vir meer as 20 jaar betrokke was by die opleiding van onderwysers by ‘n toonaangewende universiteit en bydraes oor ‘n verskeidenheid opvoedkundige onderwerpe in talle boeke en handboeke gelewer het. Sy is ook ‘n geregistreerde Heelbreinpraktisyn, wat in die  hantering van die opvoedkundige behoeftes van individuele leerders gespesialiseer het.

Haar ervaring is dat “gene, voeding en studiemetodes help, maar ware groei en ontwikkeling eers plaasvind wanneer ‘n leerder bewus word van sy /haar vermoëns deur die terugvoer op aktiwiteite en denkpatrone. Eie, eerstehandse ontdekkings oor die self en die wêreld versterk potensiaalontwikkeling eksponensieel.” Hierdie boek wil elke leerder op dié ontdekkingsreis na  selfontdekking neem en studeer sonder sukkel ‘n werklikheid  maak.”

 

“Akademiese sukses word eers ‘n werklikheid wanneer jou drome en deursettingsvermoë groter as jou verskonings raak,” aldus dr De Waal.

LESERSPROFIEL

Jeug (ouer) en tieners

Addisionele Inligting

Mates 21 × 14.7 cm
Outeur

Dr Ester de Waal

Vertaler

Daffie Briel

Omslag

Sagteband

Verskyningsdatum

2021

Aantal bladsye

192

ISBN

978-0-620-47619-5

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Ontsluit die GENIE in jou!" te beoordeel
Mandjie