Olifant se vraag

R100.00

Soos elke jaar klim al die diere en skepsels teen die heuwel op vir ’n vergadering. Hierdie jaar het olifant ’n vraag, ’n moeilike vraag: Hoe weet mens dat jy iemand liefhet? Die verhaal begin met ’n groot prent van ’n treurige olifant met ’n klein stoeltjie op sy kop en ’n blom in sy mond. Die vergadering wat olifant se vraag moet bespreek word gelei deur Mier, wat die woord gee aan Muis, Sneeuwitjie, ’n klip, ’n swerwer, ’n ysbeer en nog vele ander skepsels. Wanneer hulle saam by klomp filosofiese antwoorde oor die liefde gekom het, word die vergadering gesluit en gaan elkeen tevrede huis toe. Net Mier, wat skepties is oor die liefde, weet nie waarom sy skielik so alleen voel nie.

Olifant se vraag is ’n ontroerende verhaal oor die vele fasette van die liefde. Leen van der Berg bied die jong leser veel om verder oor te droom en te filosofeer.

Kaatje Vermeire se illustrasies, ’n kombinasie tussen grafiek en illustrasies, is ’n pragtige versmelting van realisme en fantasie. Die boek vorm sowel vir die oogstrelende fantasieryke prente, as vir die boeiende teks, stof tot nadenke en bepeinsing.

3 in voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

OOR DIE SKRYWER

As dogter van ’n Belgiese uitgewer het Leen van den Berg in ’n huis vol boeke grootgeword. Sy skryf hoofsaaklik vir kinders, en gee ook kreatiewe skryfkuns in Vlaandere en Nederland.

OOR DIE ILLUSTREERDER

Die Vlaamse illustreerder Kaatje Vermeire het ’n eksperimentele benadering tot illustrasie en drukkuns. Sy kombineer etswerk met gevonde voorwerpe soos kant, tou en draad. Met elke nuwe werk hou sy voort om subtiele delikate maniere te vind om moeilike onderwerpmateriaal te hanteer. Sy het al verskeie pryse vir haar verbeeldingryke kinderboeke ontvang.

LESERSPROFIEL

Kinders 5+

Addisionele Inligting

Mates 32.9 × 22.7 cm
Outeur

Leen van den Berg

Illustreerder

Kaatje Vermeire

Vertaler

Shané Kleyn

Aantal bladsye

28

Omslag

Hardeband

Verskyningsdatum

2016

ISBN

9781485301783

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Olifant se vraag" te beoordeel

Jy mag ook hou van…

Mandjie