Nie eens ‘n bietjie vuil nie

R120.00

Dieselfde illustreerder van ons topverkoper, Hoekom moet ek dit doen?

 

’n Mens behoort tog net hande te was wanneer hulle regtig vuil is. En dit is maar selde!

‘n Ouike boek oor kieme en hoekom ons hande moet was.

6 in voorraad

Beskrywing

AGTERGROND

’n Mens behoort tog net hande te was wanneer hulle regtig vuil is. En dit is maar selde!

 

OOR DIE OUTEUR

Wanja Olten (gebore 1973) het visuele kommunikasie aan die Ontwerpkollege in Offenbach am Main studeer. Hy is ’n passievolle ontwerper, musikant en komponis en het reeds ’n hele paar kinderproduksies die lig laat sien. Kein bisschen dreckig (Nie ’n bietjie vuil nie, Protea 2011) is sy eerste kinderboek. Hy bly saam met sy gesin in Offenbach am Main. 

 

OOR DIE ILLUSTREERDER

Manuela Olten (gebore 1970) het visuele kommunikasie aan die Ontwerpkollege in Offenbach am Main studeer, met die hooffokus op kinderboeke. Sy is ’n fotograaf en ontwerper. Sy het al verskeie pryse gewen, insluitend die Oldenburg kinder- en jeugboek Prys, en sy is ook al genomineer vir die Duitse Jeug Literêre Prys.

 

OOR DIE VERTALER

Dr Nicol Stassen is die besturende direkteur van Protea Boekhuis. Hy het ’n BA-graad in tale, ’n meestersgraad in chemiese ingenieurswese en ’n doktorsgraad in geskiedenis. Hy is ’n navorsingsgenoot by die Universiteit van Pretoria. Hy het reeds verskeie kinderboeke uit o.a. Deens, Duits, Engels en Nederlands in Afrikaans vertaal. Verder is hy die outeur van boeke soos Afrikaners in Angola 1928-1975 (2010) en William Chapman – Reminiscences (2011).

 

LESERSPROFIEL

Kleuters en voorskool

Addisionele Inligting

Mates 27 × 21 cm
Outeur

Wanja Olten

Illustreerder

Manuela Olten

Vertaler

Nicol Stassen

Verskyningsdatum

April 2012

Omslag

Hardeband

Aantal bladsye

32

ISBN

978-1-86919-511-3

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Nie eens ‘n bietjie vuil nie" te beoordeel
Mandjie