Nicole en Appelliefie: Die heel beste geskenk (1)

R100.00

Nicole en Pappa trek in โ€™n nuwe huis in Kaapstad in nรก die dood van haar ma. Die nuwe huis voel vreemd en leeg, en Nicole mis vir Mamma vreeslik.

Wanneer Nicole verjaar, neem Pappa haar na die middestad om roomys te eet en vir haar nuwe skoene te koop. Hier ontdek hulle โ€™n beseerde gansie wat hulle saamneem huis toe.

Hulle bure help om die gansie gesond te kry en sommer gou voel die nuwe huis en straat soos โ€˜n ware tuiste.

5 in voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

Nicole en Pappa trek in โ€™n nuwe huis in Kaapstad in nรก die dood van haar ma. Die nuwe huis voel vreemd en leeg, en Nicole mis vir Mamma vreeslik.

Wanneer Nicole verjaar, neem Pappa haar na die middestad om roomys te eet en vir haar nuwe skoene te koop. Hier ontdek hulle โ€™n beseerde gansie wat hulle saamneem huis toe.

Hulle bure help om die gansie gesond te kry en sommer gou voel die nuwe huis en straat soos โ€˜n ware tuiste.

 

OOR DIE OUTEUR

Wendy Maartens is โ€˜n skrywer, openbare spreker en versamelaar van eg Suid-Afrikaanse volksverhale, legendes, rympies en ware stories.

Sy leef in verwondering oor die krag van woorde, die blou-blou see en die mandjie stories wat elke mensekind saamdra.

Wendy put inspirasie uit die eenvoud van haar onmiddellike omgewing. Daarom is sy so lief vir Tafelbaai, die Weskus en die Overberg waar die stories van lank gelede laag op laag soos โ€˜n skulpmied lรช.

Haar grootste droom is dat gesinne weer tyd sal maak om die stories van hul komvandaan om die etenstafel te koester. Dat elke dorp weer โ€˜n storieverteller sal hรช wat laatmiddag op die dorpsplein stories uit die omgewing vertel. Maar bowenal dat ons sal leer om stilte die praatwerk te laat doen sodat ons kan onthou dat ons almal deel van dieselfde universele verhaal is.

 

LESERSPROFIEL

Voorskool en (jong) jeug

Addisionele Inligting

Outeur

Wendy Maartens

Illustreerder

Yolandi Prins

Omslag

Sagteband

Aantal bladsye

48

ISBN

9781776250202

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Nicole en Appelliefie: Die heel beste geskenk (1)" te beoordeel