Narnia: Prins Kaspian (4)

R180.00

Die vierde avontuur in die opwindende Kronieke van Narnia.

Die vier Pevensie-kinders sit nog ewe mismoedig op die stasie en wag vir die trein wat hulle moet terugneem skool toe, toe Lucy skielik ’n pluk voel. Dan voel Edmund dit ook, en ’n minuut later Susan en Peter ook. In ’n ommesientjie verdwyn die stasie en bevind die kinders hulle in ’n ruie woud langs die see, naby die bouval van wat vroeër hulle kasteel, Kair Paravel, was. Hulle is terug in die magiese land Narnia, waar hulle as konings en koninginne geheers het in Die leeu, die heks en die klerekas. Iets is egter nie pluis nie. Hulle eens majesteuese kasteel is ’n ruïne en dis oral vreemd stil en leeg. Deur Troempels die dwerg leer hulle van die tragiese lot wat Narnia getref het: Burgeroorlog is besig om die land te verwoes en die dapper Prins Kaspian probeer moedig om sy regmatige koninkryk uit sy bose oom Miraz se kloue te red. Kaspian het egter hulp nodig en met Aslan se leiding aanvaar die kinders die uitdaging om Narnia weer ’n vrolike en vry land te maak.  

2 in voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

OOR DIE OUTEUR:

Clive Staples Lewis (1898–1963) was een van die intellektuele reuse van die twintigste eeu – en waarskynlik een van die grootste skrywers van sy tyd. Die meer as dertig boeke wat uit Lewis se pen verskyn het spreek tot ’n wye en uiteenlopende gehoor, en bly selfs ’n halfeeu ná sy dood jaarliks nuwe lesers werf. Die kronieke van Narnia – waarvaan tot op hede meer as 1 miljoen kopieë wêreldwyd verkoop is – is een van sy gewildste en mees gerekende werke. 

LESERSPROFIEL:

Ouer jeug en jong tieners

(8-12 jaar)

Addisionele Inligting

Mates 21.3 × 13.7 cm
Outeur

C.S. Lewis

Vertaler

Kobus Geldenhuys

Verskyningsdatum

Februarie 2016

Aantal bladsye

190

Omslag

Sagteband

ISBN

9781485302186

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Narnia: Prins Kaspian (4)" te beoordeel
Mandjie