Narnia: Die towenaar se nefie (1)

R180.00

Die eerste avontuur in die opwindende Kronieke van Narnia.

Tydens een van die koudste en natste somers in jare, besluit Polly en Digory om die soldervloer van hulle ou ry verdiepinghuise te gaan verken. Versigtig klouter hulle oor die dakbalke en al met die lang tonnel af wat hulle blyplekke aan die leë huis langsaan verbind. Digory is seker hulle gaan ’n bende gevaarlike misdadigers daar betrap en dan ’n beloning kry. As ’n huis al vir soveel jare leeg staan, moet daar tog een of ander geheim wees, nie waar nie? Dis daarom amper ’n teleurstelling toe hulle maar net op Digory se oom Andrew in ’n geheime werkkamer afkom. Maar dan laat ’n wilde eksperiment vir Polly soos mis voor die son verdwyn – en ontaard die vervelige somer in ’n naelbytavontuur. 

Uit voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

OOR DIE OUTEUR:

Clive Staples Lewis (1898–1963) was een van die intellektuele reuse van die twintigste eeu – en waarskynlik een van die grootste skrywers van sy tyd. Die meer as dertig boeke wat uit Lewis se pen verskyn het spreek tot ’n wye en uiteenlopende gehoor, en bly selfs ’n halfeeu ná sy dood jaarliks nuwe lesers werf. Die kronieke van Narnia – waarvaan tot op hede meer as 1 miljoen kopieë wêreldwyd verkoop is – is een van sy gewildste en mees gerekende werke. 

LESERSPROFIEL:

Ouer jeug en jong tieners

(8-12 jaar)

Addisionele Inligting

Mates 21.3 × 13.7 cm
Outeur

C.S. Lewis

Vertaler

Kobus Geldenhuys

Verskyningsdatum

Februarie 2016

Aantal bladsye

160

Omslag

Sagteband

ISBN

9781485302162

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Narnia: Die towenaar se nefie (1)" te beoordeel

Jy mag ook hou van…

Mandjie