Narnia: Die perd en sy seun (3)

R180.00

Die derde avontuur in die opwindende Kronieke van Narnia – meesterlik vertaal deur Kobus Geldenhuys.

Toe Sjasta uitvind hy’s nie regtig die arm visserman Arsjeesj se seun nie, is hy verras en selfs ’n bietjie verlig. Hy’t in elk geval nog nooit soos ’n Kalormeen gevoel nie. Dit beteken hy kan enigiemand wees! In sy wildste drome sou hy hom egter nie die verrassings en avonture kon voorstel wat op hom wag wanneer hy deur die pratende perd Bree oortuig word om Kalormen te verlaat en na die magiese koninkryk van Narnia te vertrek nie. Hulle reis is propvol gevaar en intrige: eers deur die bose stad Tasjbaan, dan verby grieselrige grafkelders van oerkonings en dan deur ’n skynbaar nimmereindigende woestyn tot by die hoë berge van Argenland. En wanneer Narnia reeds op die horison wink, besef Sjasta die grootste uitdaging lê nog voor hom: “As jy dit opmors, gaan jy elke geveg in jou lewe opmors. Dis nou of nooit.” 

2 in voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

Die derde avontuur in die opwindende Kronieke van Narnia. 

OOR DIE OUTEUR:

Clive Staples Lewis (1898–1963) was een van die intellektuele reuse van die twintigste eeu – en waarskynlik een van die grootste skrywers van sy tyd. Die meer as dertig boeke wat uit Lewis se pen verskyn het spreek tot ’n wye en uiteenlopende gehoor, en bly selfs ’n halfeeu ná sy dood jaarliks nuwe lesers werf. Die kronieke van Narnia – waarvaan tot op hede meer as 1 miljoen kopieë wêreldwyd verkoop is – is een van sy gewildste en mees gerekende werke. 

LESERSPROFIEL:

Ouer jeug en jong tieners

(8-12 jaar)

Addisionele Inligting

Mates 21.3 × 13.7 cm
Outeur

C.S. Lewis

Vertaler

Kobus Geldenhuys

Verskyningsdatum

Februarie 2016

Aantal bladsye

190

Omslag

Sagteband

ISBN

9781485302179

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Narnia: Die perd en sy seun (3)" te beoordeel
Mandjie