Narnia: Die leeu, die heks en die klerekas (2)

R180.00

Die tweede avontuur in die opwindende Kronieke van Narnia – meesterlik vertaal deur Kobus Geldenhuys.

Toe die Tweede Wêreldoorlog uitbreek, word Edmund, Peter, Susan en Lucy uit Londen weggegestuur om by ’n ou familievriend op die Engelse platteland te gaan woon. Met dié dat ou professor Kirke skynbaar heeltemal in sy eie wêreld leef, kan die kinders ongestoord na hulle eie vermaak soek in sy yslike ou huis in die middel van nêrens. Eers is daar die opwinding van die huis verken: lang gange, eindelose spaarkamers, vertrek op vertrek vol boeke en dan een enorme kamer waarin daar niks behalwe ’n groot klerekas staan nie. Dít, dink Lucy, verdien nadere ondersoek. Terwyl sy nog haar pad deur die rye jasse binne-in die kas oopdruk, voel sy meteens iets sag en poeierig en yskoud op haar val en ontdek dat sy in die middel van ’n woud staan. Dis aand, en daar’s sneeu onder haar voete en sneeuvlokkies dwarrel deur die lug. Lucy het sowaar in die vreemde towerwêreld van Narnia beland.

2 in voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

OOR DIE OUTEUR:

Clive Staples Lewis (1898–1963) was een van die intellektuele reuse van die twintigste eeu – en waarskynlik een van die grootste skrywers van sy tyd. Die meer as dertig boeke wat uit Lewis se pen verskyn het spreek tot ’n wye en uiteenlopende gehoor, en bly selfs ’n halfeeu ná sy dood jaarliks nuwe lesers werf. Die kronieke van Narnia – waarvaan tot op hede meer as 1 miljoen kopieë wêreldwyd verkoop is – is een van sy gewildste en mees gerekende werke. 

LESERSPROFIEL:

Ouer jeug en jong tieners

(8-12 jaar)

Addisionele Inligting

Mates 21.3 × 13.7 cm
Outeur

C.S. Lewis

Vertaler

Kobus Geldenhuys

Verskyningsdatum

Februarie 2016

Aantal bladsye

176

Omslag

Sagteband

ISBN

9781485302155

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Narnia: Die leeu, die heks en die klerekas (2)" te beoordeel
Mandjie