Afslag!

Mynhardt die moeilike kind

Original price was: R170.00.Current price is: R150.00.

Mynhardt is ’n moeilike kind. Altans, so dink sy ouers. Toe hy probeer verduidelik dat ’n yslike slang hom lewend ingesluk het, sê sy ouers dat hy veels te oud is om hom sulke onsin te verbeel. Waar het hy daardie slangkostuum gevind en kan hy dit asseblief bêre? Wat moet arme Mynhardt doen wanneer sy ouers net nie na hom wil luister nie?

9 in voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

Mynhardt is ’n moeilike kind. Altans, so dink sy ouers. Toe hy probeer verduidelik dat ’n yslike slang hom lewend ingesluk het, sê sy ouers dat hy veels te oud is om hom sulke onsin te verbeel. Waar het hy daardie slangkostuum gevind en kan hy dit asseblief bêre? Wat moet arme Mynhardt doen wanneer sy ouers net nie na hom wil luister nie?

 

OOR DIE OUTEUR EN ILLUSTREERDER

Michael Sussman, ’n kliniese sielkundige en oorlewende van moeilike ouers, is die skrywer van die prenteboek Otto Grows Down en twee romans, Crashing Eden en Incognolio. Besoek hom aanlyn by michaelsussmanbooks.com. 

Júlia Sardà is ’n illustreerder van Barcelona. Ná afloop van haar studies begin sy vir twee jaar werk as koloris in ’n ateljee wat handelsware vir Disney/Pixar vervaardig en werk daarna vryskut. Haar werk strek van die ontwerp van konseptuele kuns vir rekenaarspeletjies tot kinderboekillustrasie. Sy het die geleentheid gehad om klassieke boeke soos Alice in Wonderland, The Wonderful Wizard of Oz en Charlie and the Chocolate Factory te illustreer. Besoek haar aanlyn by juliasarda.com. 

 

OOR DIE VERTALER

Rentia Bartlett-Möhl is redakteur by Protea Boekhuis en het al verskeie kinderboeke vir Protea uit Duits, Nederlands en Engels in Afrikaans vertaal. Sy was ook verantwoordelik vir die vertaling van ’n reeks citybooks en radioboeke vir die Vlaams-Nederlands kultuurhuis deBuren in Brussel. 

 

LESERSPROFIEL

Kleuters en voorskool

Addisionele Inligting

Mates 27.9 × 21.5 cm
Outeur

Michael Sussman

Illustreerder

Júlià Sarda

Verskyningsdatum

Februarie 2020

Omslag

Hardeband

Aantal bladsye

40

ISBN

978-1-4853-1126-3

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Mynhardt die moeilike kind" te beoordeel
Mandjie