My eerste groot woordeboek

R180.00

In Richard Scarry se My eerste groot woordeboek maak ons kennis met Buks en Bettie Beer en hul vriende in Woelstad. Leer honderde nuwe woorde met behulp van klassieke tekeninge en brei jou kind se kennis van die wêreld uit op ‘n prettige manier!

32 in voorraad

Beskrywing

AGTERGROND

In Richard Scarry se My eerste groot woordeboek maak ons kennis met Buks en Bettie Beer en hul vriende in Woelstad. Leer honderde nuwe woorde met behulp van Richard Scarry se wonderlike, klassieke tekeninge. Die woorde word gegroepeer volgens tema sodat die kind op ’n heerlike prettige wyse sy of haar kennis van die wêreld kan uitbrei. ’n Plesier vir oud en jonk!

OOR DIE OUTEUR EN ILLUSTREERDER

Richard McClure Scarry (1919–1994) was ’n wêreldbekende en gewilde Amerikaanse kinderboekskrywer en -illustreerder wat meer as 300 boeke gepubliseer het waarvan daar 300 miljoen eksemplare verkoop het. Scarry is gebore in Boston, Massachusetts. Ná skool het hy studeer aan die School of the Museum of Fine Arts in Boston. Sy studies is onderbreek deur die Tweede Wêreldoorlog en ná die oorlog het Scarry by verskillende tydskrifte se kunsdepartemente gewerk voordat hy sy suksesvolle loopbaan as illustreerder van stapel gestuur het.

OOR DIE VERTALER

Carina Diedericks-Hugo is ‘n bekroonde Afrikaanse skrywer.

LESERSPROFIEL

Kleuter, voorskool en jeug

Addisionele Inligting

Gewig .570 kg
Mates 29 × 25.5 cm
Outeur

Richard Scarry

Vertaler

Carina Diedericks-Hugo

Illustreerder

Richard Scarry

Aantal bladsye

71

Verskyningsdatum

Augustus 2017

Omslag

Hardeband

ISBN

978-1-86919-268-6

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "My eerste groot woordeboek" te beoordeel
Mandjie