Moeps die skelm

R160.00

Vir die diereliefhebbers!

Moeps die mopshond is ’n regte skelm. Om sy sin te kry, jok hy gereeld en plaas altyd die blaam vir sy stoutighede op arme Worsie, die worshond. Maar op ’n dag draai die wiel … of sal ons sê, val die bal … en Moeps besef dat skelmstreke en leuens nie altyd so goed uitdraai nie.

Hierdie is ’n rymboek met skreeusnaakse illustrasies. En al is Moeps ’n regte skelm, steel hy gou jou hart.

Perfek vir voorlees en selflees.

Leer jou kind op ‘n prettige manier dat jok nie reg is nie.

 

6 in voorraad (kan steeds bestel word)

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

Vir die diereliefhebbers!

Moeps die mopshond is ’n regte skelm. Om sy sin te kry, jok hy gereeld en plaas altyd die blaam vir sy stoutighede op arme Worsie, die worshond. Maar op ’n dag draai die wiel … of sal ons sê, val die bal … en Moeps besef dat skelmstreke en leuens nie altyd so goed uitdraai nie.

Hierdie is ’n rymboek met skreeusnaakse illustrasies. En al is Moeps ’n regte skelm, steel hy gou jou hart.

Perfek vir voorlees en selflees.

 

OOR DIE OUTEUR

Aaron Blabey is van Australië en is die skrywer en illustreerder van ’n hele klomp populêre kinderboeke, onder andere twee topverkoperreekse, Pig the Pug en Bad Guys. Albei dié reekse is reeds in baie tale vertaal en in meer as 25 lande uitgegee. Aaron het ’n stapel vol pryse ingepalm, o.a. die INDIE Book Award for Children’s Book of the Year, Book of the Year-toekenning, twee Australian Book Design-toekennings, vier KOALA-toekennings en hy hou die titel van Australiese Literatuurambassadeur. Hy woon in Sydney.

 

LESERSPROFIEL

Kinders van 3-8 jaar oud

 

Addisionele Inligting

Gewig .350 kg
Mates 25 × 24 cm
Outeur

Aaron Blabey

Illustreerder

Aaron Blabey

Vertaler

Philip de Vos

Verskyningsdatum

Junie 2019

Omslag

Hardeband

Aantal bladsye

32

ISBN

978-1-4853-1051-8

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Moeps die skelm" te beoordeel
Mandjie