Beskrywing
AGTERGROND
Minki en haar maats sien al weke lank uit na die skool se avontuurkamp. Hulle gaan in die bos kampeer, swem, kampvuuraande hou en in tente slaap. Boonop is daar allerhande lekker uitdagings waaraan hulle kan deelneem. Dit klink na vet pret! Maar Danika is vasbeslote om weer dinge vir Minki-hulle so goor as moontlik te maak. Sy besluit dat haar span as die Kampkampioene gekroon gaan word en dat niks in haar pad gaan staan nie. Nie eens al beteken dit sy moet vuil speel nie …
OOR DIE OUTEUR
Jaco Jacobs is ’n bekroonde vertaler en skrywer. Sy skrywersloopbaan het al op skool begin, toe hy aan verskeie kompetisies vir aspirantskrywers deelgeneem en sy eerste stories in tydskrifte gepubliseer is. Tot op hede het Jaco al meer as 170 boeke vir kinders en jongmense gepubliseer, waaronder prenteboeke, kinderverse en niefiksie. Meer as eenmiljoen eksemplare van sy boeke is al verkoop en hy is tans een van die toperverkoperskrywers in Suid-Afrika. Daarby het hy al meer as 300 kinderboeke in Afrikaans vertaal. Jaco glo humor is ’n kernbestanddeel in enige prettige kinderboek en sy boeke word deur ’n sterk element van pret gekenmerk.
LESERSPROFIEL
9 jaar en ouer
Resensies
Daar is tans geen resensies nie.