Description
AGTERGROND
Martie is ’n ongeduldige, woelige kind.
Alles moet sommer dadelik gebeur. Nou! Dadelik! Haar ouma is net soos sy en dié twee verstaan mekaar goed.
Op ’n dag word Ouma siek en sy kan haar woorde nie meer vind nie. Die grootmense behandel die siek vrou asof sy ’n kind is, maar vir Martie is sy steeds die kragtige, pragtige ouma wat net sy verstaan.
’n Ontroerende storie en ’n wondermooi prenteboek vir jonk en oud.
OOR DIE OUTEUR
Tine mortier skryf prenteboeke en kinderfiksie, doseer in kreatiewe skryfwerk en ontwerp juweliersware. Sy woon in Costa Rica.
OOR DIE VERTALER
Dr Nicol Stassen is die besturende direkteur van Protea Boekhuis. Hy het ’n BA-graad in tale, ’n meestersgraad in chemiese ingenieurswese en ’n doktorsgraad in geskiedenis. Hy is ’n navorsingsgenoot by die Universiteit van Pretoria. Hy het reeds verskeie kinderboeke uit o.a. Deens, Duits, Engels en Nederlands in Afrikaans vertaal. Verder is hy die outeur van boeke soos Afrikaners in Angola 1928-1975 (2010) en William Chapman – Reminiscences (2011).
LESERSPROFIEL
Kleuters, voorskool en jeug (voorlees)
Reviews
There are no reviews yet.