Beskrywing
Kinders wil en moet vandag baie vroeër weet wat die antwoorde is op vrae oor fisiese veranderings tydens puberteit en verwante kwessies. Hulle raak vroeër bewus van hul seksualiteit, raak vinniger groot en bereik puberteit vroeër as ooit vantevore. Tog vermy baie ouers steeds seksopvoeding, of ignoreer dit heeltemal vanweë hul eie onkunde of vrese. Maar onkunde oor adolessensie en seksualiteit maak kinders kwesbaar vir misbruik. Hierdie boek is die antwoord hoe om jou kinders ingelig te hou! Kennis is mag.
Dit is geskryf vir kinders tussen 8 en 13 jaar oud in ‘n maklike formaat van vrae en antwoorde met prettige illustrasies. Dis ook vir ouers ‘n onmisbare gids om hul kinders se vrae ingelig, reguit, sensitief en met humor te kan beantwoord.
Hierdie boek is onderskryf deur Childline Suid-Afrika.
Uitstekende boek vir 8 – 13 jarige kinders, hul ouers en onderwysers.
Resensies
Daar is tans geen resensies nie.