Beskrywing
AGTERGROND
Lotta Liebenberg is tien jaar oud. Haar beste vriendin se naam is Chantelle, sy hou van pannekoek en sy is MAL oor diere. Maar eintlik is sy net doodgewoon. Baie meer doodgewoon as haar ouers en haar tweelingraasbekboeties. Die dagboekstyl en skeeusnaakse illustrasies sal sorg dat lesers van 8 tot 12 jaar die sjarmante Lotta se eskapades onweerstaanbaar vind.
Lotta se klas gaan hierdie week na hulle ouers se werksplek toe om te kyk wat hulle beroep is. Pappa is een van die ouers. Net die gedagte dat hulle na sy skool toe gaan, gee haar ’n NAAR KOL op haar maag. Gelukkig gaan hulle darem van ander cool beroepe ook leer. Leigh-Anne se ma werk by ’n hondesalon, en hulle gaan ook inloer by die DIERESKUILING waar mnr. Lategan vrywillige werk doen. Lotta en Chantelle se liefiehonde, WOLLIE en STOFFIE, is daar en hulle gaan ook eendag daar werk.
Dit is die een katastrofe ná die ander in Lotta se lawwe lewe! Haar avonture is egter altyd vol pret, humor en verrassings.
LESERSPROFIEL
Jeug
Resensies
Daar is tans geen resensies nie.