Afslag!

Lillie die heksie se towerkaskenades (2)

Original price was: R185.00.Current price is: R150.00.

Die tweede boek in die Lillie-reeks.

In Lillie die heksie se towerkaskenades gaan Lillie by haar ouma kuier, en net vir die pret beplan sy om sprokieskarakters op te toor om haar en Ouma se sprokiesvertellinge meer oemf te gee. Min weet Lillie watter gevolge haar towerspeletjies op haar ouma se woonstelbestuurder gaan hê!

Dié selfleesboekies is gemik op agtjariges en ouer, maar is ook perfek vir voorlees aan jonger kinders. Seuns én dogters geniet hierdie avontuurreeks!

7 in voorraad

Beskrywing

AGTERGROND

Vir twee dekades reeds swaai Lillie die heksie haar towerstaffie oor kinderboekrakke dwarsoor die wêreld. Met totale wêreldwye verkope van meer as 20 miljoen eksemplare en vertalings in 40 tale is geen towerformule nodig om te voorspel dat sy ook Afrikaanse harte gaan verower nie! Dié selfleesboekies is gemik op agtjariges en ouer, maar is perfek vir voorlees ook.

 

Die bekoorlike Lillie, wat saam met haar ma en boetie Leon woon, is ’n doodgewone dogtertjie … of so dínk sy, tot sy op ’n dag ’n towerboek langs haar bed ontdek. Maar niemand is veronderstel om van haar toordery te weet nie – want towerkunsies is nie kinderspeletjies nie!

 

In Lillie die heksie se towerkaskenades gaan Lillie by haar ouma kuier, en net vir die pret beplan sy om sprokieskarakters op te toor om haar en Ouma se sprokiesvertellinge meer oemf te gee. Min weet Lillie watter gevolge haar towerspeletjies op haar ouma se woonstelbestuurder gaan hê!

 

OOR DIE OUTEUR EN ILLUSTREERDER

Die Lillie-boeke word al sedert 1992 deur die Duitse uitgewer Arena Verlag uitgegee.  Knister en illustreerder Birgit Rieger het saam aan al meer as 40 titels gewerk, waarvan Lilli the Witch and the Magic Homework (“Lillie die heksie keer die skool op sy kop” – Protea 2013) die eerste is.

 

OOR DIE VERTALER

Amelia de Vaal het Europese Tale en Joernalistiek studeer en is sedert 2007 by Protea Boekhuis werksaam as redakteur en vertaler van Engelse, Duitse en Nederlandse tekste. Die Afrikaanse vertalings van die klassieke Die lewe en werke van kabouters en Die oproep van die kabouters wat in 2010 verskyn het, tel onder haar gunstelingprojekte. Sy woon tans in Portland, Oregon in die VSA.

 

LESERSPROFIEL

Voorskool en jeug

Addisionele Inligting

Gewig 0.275 kg
Mates 21.0 × 15.7 cm
Outeur

Knister

Illustreerder

Birgit Rieger

Vertaler

Amelia de Vaal

Verskyningsdatum

Augustus 2012

Omslag

Hardeband

Aantal bladsye

96

ISBN

978-1-86919-802-2

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Lillie die heksie se towerkaskenades (2)" te beoordeel
Mandjie