Lillie die heksie-reeks (6-10)

R750.00

*SPAAR*

Hierdie bundel bevat die volgende 5 boeke in die Afrikaanse Lillie-reeks.

Dié selfleesboekies is gemik op agtjariges en ouer, maar is ook perfek vir voorlees aan jonger kinders. Seuns én dogters geniet hierdie avontuurreeks!

Lillie die heksie in die Wilde Weste (6)

Die sesde boek in die Lillie-reeks.

Ons heksie, Lillie, besluit om dié keer ’n draai in die Wilde Weste te gaan maak en toor haarself na Bourbontown – plek van stofstrate, saloons en skietgevegte. Die Bourbontowners is raadop. Drie geslepe rampokkers maak die lewe vir hulle moeilik en Lillie is net die regte persoon om hulle te help om die skurke agter tralies te sit.

Dié selfleesboekies is gemik op agtjariges en ouer, maar is ook perfek vir voorlees aan jonger kinders. Seuns én dogters geniet hierdie avontuurreeks vreeslik!

14 in voorraad

Lillie die heksie en die wilde Indiaanavontuur (7)

Die sewende boek in die Lillie-reeks.

Lillie maak weer ’n heksesprong na die cowboydorp Bourbontown waar sy al ’n vorige keer was. Hierdie keer in die hoop om ’n paar Indiane te ontmoet.

Dié selfleesboekies is gemik op agtjariges en ouer, maar is ook perfek vir voorlees aan jonger kinders. Seuns én dogters geniet hierdie avontuurreeks vreeslik!

14 in voorraad

Lillie die heksie en die raaisel van die mummie (8)

Die agtste boek in die Lillie-reeks.

Lillie besoek ’n museumuitstalling van die ou Egipte waartydens die museumopvoedkundige ’n baie raaiselagtige storie van ’n mummie vertel. Dadelik is al die skoolkinders nuuskierig en elkeen wil probeer om die raaisel van die mummie op te los ... en natuurlik laat Lillie die saak nie daar nie.

Dié selfleesboekies is gemik op agtjariges en ouer, maar is ook perfek vir voorlees aan jonger kinders. Seuns én dogters geniet hierdie avontuurreeks vreeslik!

14 in voorraad

Lillie die heksie en die geheime stad Atlantis (9)

Die negende boek in die Lillie-reeks.

Lillie is baie opgewonde wanneer sy op ’n towerspreuk afkom wat die sogenaamde Orfeustrap laat verskyn. Nuuskierig soos onse Lillie nou eenmaal is, land sy met behulp van die trap in die onderwater-wonderwêreld van die geheime stad Atlantis.

Dié selfleesboekies is gemik op agtjariges en ouer, maar is ook perfek vir voorlees aan jonger kinders. Seuns én dogters geniet hierdie avontuurreeks vreeslik!

13 in voorraad

Lillie die heksie en die towerswaard (10)

Die tiende boek in die Lillie-reeks.

Dié keer toor Lillie haarself terug na die Middeleeue! Soos die noodlot dit wil hê, land sy in die skatkamer van ’n beleërde kasteel. Lillie kan mos nie anders as om te wil help nie? Maar die magtige Swart Ridder laat hom deur niemand keer nie.

Dié selfleesboekies is gemik op agtjariges en ouer, maar is ook perfek vir voorlees aan jonger kinders. Seuns én dogters geniet hierdie avontuurreeks vreeslik!

14 in voorraad

13 in voorraad

Beskrywing

AGTERGROND

Vir twee dekades reeds swaai Lillie die heksie haar towerstaffie oor kinderboekrakke dwarsoor die wêreld. Met totale wêreldwye verkope van meer as 20 miljoen eksemplare en vertalings in 40 tale is geen towerformule nodig om te voorspel dat sy ook Afrikaanse harte gaan verower nie! Dié selfleesboekies is gemik op agtjariges en ouer, maar is perfek vir voorlees ook.

 

Die bekoorlike Lillie, wat saam met haar ma en boetie Leon woon, is ’n doodgewone dogtertjie … of so dínk sy, tot sy op ’n dag ’n towerboek langs haar bed ontdek. Maar niemand is veronderstel om van haar toordery te weet nie – want towerkunsies is nie kinderspeletjies nie!

Hierdie bundel bevat die volgende 5 boeke in die Afrikaanse reeks (6-10).

 

OOR DIE OUTEUR EN ILLUSTREERDER

Die Lillie-boeke word al sedert 1992 deur die Duitse uitgewer Arena Verlag uitgegee.  Knister en illustreerder Birgit Rieger het saam aan al meer as 40 titels gewerk, waarvan Lilli the Witch and the Magic Homework (“Lillie die heksie keer die skool op sy kop” – Protea 2013) die eerste is.

 

OOR DIE VERTALER

Amelia de Vaal het Europese Tale en Joernalistiek studeer en is sedert 2007 by Protea Boekhuis werksaam as redakteur en vertaler van Engelse, Duitse en Nederlandse tekste. Die Afrikaanse vertalings van die klassieke Die lewe en werke van kabouters en Die oproep van die kabouters wat in 2010 verskyn het, tel onder haar gunstelingprojekte. Sy woon tans in Portland, Oregon in die VSA.

 

LESERSPROFIEL

Voorskool en jeug

Addisionele Inligting

Gewig 0.295 kg
Mates 21.0 × 15.5 cm
Outeur

Knister

Illustreerder

Birgit Rieger

Vertaler

Amelia de Vaal

Omslag

Hardeband

Lillie die heksie in die Wilde Weste (6)

Outeur

Knister

Illustreerder

Birgit Rieger

Vertaler

Amelia de Vaal

Verskyningsdatum

Oktober 2013

Omslag

Hardeband

Aantal bladsye

104

ISBN

978-1-86919-988-3

Lillie die heksie en die wilde Indiaanavontuur (7)

Outeur

Knister

Illustreerder

Birgit Rieger

Vertaler

Amelia de Vaal

Verskyningsdatum

Oktober 2013

Omslag

Hardeband

Aantal bladsye

104

ISBN

978-1-86919-990-6

Lillie die heksie en die raaisel van die mummie (8)

Outeur

Knister

Illustreerder

Birgit Rieger

Vertaler

Amelia de Vaal

Verskyningsdatum

Julie 2014

Omslag

Hardeband

Aantal bladsye

124

ISBN

978-1-86919-991-3

Lillie die heksie en die geheime stad Atlantis (9)

Outeur

Knister

Illustreerder

Birgit Rieger

Vertaler

Amelia de Vaal

Verskyningsdatum

Julie 2014

Omslag

Hardeband

Aantal bladsye

140

ISBN

978-1-86919-992-0

Lillie die heksie en die towerswaard (10)

Outeur

Knister

Illustreerder

Birgit Rieger

Vertaler

Amelia de Vaal

Verskyningsdatum

Julie 2014

Omslag

Hardeband

Aantal bladsye

144

ISBN

978-1-86919-989-0

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Lillie die heksie-reeks (6-10)" te beoordeel
Mandjie