Afslag!

Lillie die heksie-reeks (1-5)

Original price was: R750.00.Current price is: R690.00.

*SPAAR*

Hierdie bundel bevat die eerste 5 boeke in die Afrikaanse Lillie-reeks.

Dié selfleesboekies is gemik op agtjariges en ouer, maar is ook perfek vir voorlees aan jonger kinders.

Lillie die heksie keer die skool op sy kop (1)

Die eerste boek in die Lillie-reeks.

In Lillie die heksie keer die skool op sy kop besoek ’n inspekteur Lillie se skool om haar juffrou te assesseer, en Lillie trek sommer gou haar towerboek nader om te sien of enige towerkunsies kan help om die inspeksie met vlieënde vaandels te laat slaag. Maar, o gedorie, alles loop nie soos Lillie dit beplan nie!

Dié selfleesboekies is gemik op agtjariges en ouer, maar is ook perfek vir voorlees aan jonger kinders. Seuns én dogters geniet hierdie avontuurreeks!

4 in voorraad

Lillie die heksie se towerkaskenades (2)

Die tweede boek in die Lillie-reeks.

In Lillie die heksie se towerkaskenades gaan Lillie by haar ouma kuier, en net vir die pret beplan sy om sprokieskarakters op te toor om haar en Ouma se sprokiesvertellinge meer oemf te gee. Min weet Lillie watter gevolge haar towerspeletjies op haar ouma se woonstelbestuurder gaan hê!

Dié selfleesboekies is gemik op agtjariges en ouer, maar is ook perfek vir voorlees aan jonger kinders. Seuns én dogters geniet hierdie avontuurreeks!

7 in voorraad

Lillie die heksie se sirkusbetowering (3)

Die derde boek in die Lillie-reeks.

In Lillie die heksie se sirkusbetowering is daar groot opgewondenheid wanneer Lillie se ma kaartjies kry vir die sirkus se galavertoning. En natuurlik beplan Lillie om van haar towerkunsies gebruik te maak om van hierdie vertoning ’n onvergeetlike skouspel te maak! Sal sy daarin slaag?

Dié selfleesboekies is gemik op agtjariges en ouer, maar is ook perfek vir voorlees aan jonger kinders. Seuns én dogters geniet hierdie avontuurreeks!

8 in voorraad

Lillie die heksie by die seerowers (4)

Die vierde boek in die Lillie-reeks.

In Lillie die heksie by die seerowers bevind Lillie haarself aan boord ’n regte-egte seerowerskip te midde van bloeddorstige seerowers, met die gevreesde Bakkebaard as kaptein. Hoe sal Lillie haarself uit hierdie penarie red? Of is dit die seerowers wat sal moet oppas vir Lillie?

Dié selfleesboekies is gemik op agtjariges en ouer, maar is ook perfek vir voorlees aan jonger kinders. Seuns én dogters geniet hierdie avontuurreeks vreeslik!

9 in voorraad

Lillie die heksie word 'n speurder (5)

Die vyfde boek in die Lillie-reeks.

Lillie se ma is baie ontsteld wanneer haar fiets gesteel word. Maar nie vir lank nie ... Lillie toor vinnig die fiets weer terug! Met behulp van haar towerboek is Lillie vinnig op die mees uitgeslape fietsdief se spoor.

Dié selfleesboekies is gemik op agtjariges en ouer, maar is ook perfek vir voorlees aan jonger kinders. Seuns én dogters geniet hierdie avontuurreeks vreeslik!

8 in voorraad

4 in voorraad

Beskrywing

AGTERGROND

Vir twee dekades reeds swaai Lillie die heksie haar towerstaffie oor kinderboekrakke dwarsoor die wêreld. Met totale wêreldwye verkope van meer as 20 miljoen eksemplare en vertalings in 40 tale is geen towerformule nodig om te voorspel dat sy ook Afrikaanse harte gaan verower nie! Dié selfleesboekies is gemik op agtjariges en ouer, maar is perfek vir voorlees ook.

 

Die bekoorlike Lillie, wat saam met haar ma en boetie Leon woon, is ’n doodgewone dogtertjie … of so dínk sy, tot sy op ’n dag ’n towerboek langs haar bed ontdek. Maar niemand is veronderstel om van haar toordery te weet nie – want towerkunsies is nie kinderspeletjies nie!

Hierdie bundel bevat die eerste 5 boeke in die Afrikaanse reeks.

 

OOR DIE OUTEUR EN ILLUSTREERDER

Die Lillie-boeke word al sedert 1992 deur die Duitse uitgewer Arena Verlag uitgegee.  Knister en illustreerder Birgit Rieger het saam aan al meer as 40 titels gewerk, waarvan Lilli the Witch and the Magic Homework (“Lillie die heksie keer die skool op sy kop” – Protea 2013) die eerste is.

 

OOR DIE VERTALER

Amelia de Vaal het Europese Tale en Joernalistiek studeer en is sedert 2007 by Protea Boekhuis werksaam as redakteur en vertaler van Engelse, Duitse en Nederlandse tekste. Die Afrikaanse vertalings van die klassieke Die lewe en werke van kabouters en Die oproep van die kabouters wat in 2010 verskyn het, tel onder haar gunstelingprojekte. Sy woon tans in Portland, Oregon in die VSA.

 

LESERSPROFIEL

Voorskool en jeug

Addisionele Inligting

Gewig 0.295 kg
Mates 21.0 × 15.5 cm
Outeur

Knister

Illustreerder

Birgit Rieger

Vertaler

Amelia de Vaal

Omslag

Hardeband

Lillie die heksie keer die skool op sy kop (1)

Outeur

Knister

Illustreerder

Birgit Rieger

Vertaler

Amelia de Vaal

Verskyningsdatum

Januarie 2013

Omslag

Hardeband

Aantal bladsye

96

ISBN

978-1-86919-801-5

Lillie die heksie se towerkaskenades (2)

Outeur

Knister

Illustreerder

Birgit Rieger

Vertaler

Amelia de Vaal

Verskyningsdatum

Augustus 2012

Omslag

Hardeband

Aantal bladsye

96

ISBN

978-1-86919-802-2

Lillie die heksie se sirkusbetowering (3)

Outeur

Knister

Illustreerder

Birgit Rieger

Vertaler

Amelia de Vaal

Verskyningsdatum

Mei 2013

Omslag

Hardeband

Aantal bladsye

104

ISBN

978-1-86919-820-6

Lillie die heksie by die seerowers (4)

Outeur

Knister

Illustreerder

Birgit Rieger

Vertaler

Amelia de Vaal

Verskyningsdatum

Mei 2013

Omslag

Hardeband

Aantal bladsye

104

ISBN

978-1-86919-821-3

Lillie die heksie word 'n speurder (5)

Outeur

Knister

Illustreerder

Birgit Rieger

Vertaler

Amelia de Vaal

Verskyningsdatum

Mei 2013

Omslag

Hardeband

Aantal bladsye

104

ISBN

978-1-86919-822-0

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Lillie die heksie-reeks (1-5)" te beoordeel
Mandjie