Lillie die heksie en die ridder Don Quijote (14)

R185.00

Die veertiende boek in die Lillie-reeks.

Die lawwe ridder Don Quijote is besig om die stad op horings te neem, en dis alles Lillie se skuld! Die storieboekheld het met behulp van een van haar towerspreuke daar beland en nou saai hy oral verwoesting.

Hy sien motors vir drake aan en storm met sy “strydos” (’n fiets wat hy Roesinante noem) op hulle af. Advertensieborde val hy aan. En by die kermis wil hy opsluit die mallemeuleperdjies bevry! En dis nog net die begin … Maar dié soort petalje is mos Lillie se kos.

2 in voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

Vir twee dekades reeds swaai Lillie die heksie haar towerstaffie oor kinderboekrakke dwarsoor die wêreld. Met totale wêreldwye verkope van meer as 20 miljoen eksemplare en vertalings in 40 tale is geen towerformule nodig om te voorspel dat sy ook Afrikaanse harte gaan verower nie! Dié selflees- or voorleesboekies is gemik op sesjariges tot negejariges.

 

OOR DIE OUTEUR EN ILLUSTREERDER

Die Lillie-boeke word al sedert 1992 deur die Duitse uitgewer Arena Verlag uitgegee.  Knister en illustreerder Birgit Rieger het saam aan al meer as 40 titels gewerk, waarvan Lilli the Witch and the Magic Homework (“Lillie die heksie keer die skool op sy kop” – Protea 2013) die eerste is.

 

OOR DIE VERTALER

Amelia de Vaal het Europese Tale en Joernalistiek studeer en is sedert 2007 by Protea Boekhuis werksaam as redakteur en vertaler van Engelse, Duitse en Nederlandse tekste. Die Afrikaanse vertalings van die klassieke Die lewe en werke van kabouters en Die oproep van die kabouters wat in 2010 verskyn het, tel onder haar gunstelingprojekte. Sy woon tans in Portland, Oregon in die VSA.

 

LESERSPROFIEL

Jong jeug

Addisionele Inligting

Gewig 0.285 kg
Mates 21.0 × 15.5 cm
Outeur

Knister

Illustreerder

Birgit Rieger

Vertaler

Amelia de Vaal

Verskyningsdatum

Oktober 2015

Omslag

Hardeband

Aantal bladsye

132

ISBN

9781485304692

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Lillie die heksie en die ridder Don Quijote (14)" te beoordeel
Mandjie