Lampie

R295.00

*Wenner van die Elsabé Steenbergprys vir vertaalde kinder- en jeugliteratuur.

 

Lampie handel oor geheimsinnige seebewoners en rowwe seerowers. Oor die Swart Huis van die admiraal, waar daar glo ’n monster woon. Oor ’n grys vuurtoring op ’n eiland, wat nog net-net aan die vasteland vassit. Oor Lampie, die vuurtoringwagter se dogter, wat elke aand die een-en-sestig trappies uitklim om die lig aan te steek. Oor ’n stormagtige aand, wanneer die vuurhoutjies op is en alles skeefloop. Maar veral oor dapperheid en hoe jy meer kan regkry as wat jy ooit gedink het.

10 in voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

Lampie handel oor geheimsinnige seebewoners en rowwe seerowers. Oor die Swart Huis van die admiraal, waar daar glo ’n monster woon. Oor ’n grys vuurtoring op ’n eiland, wat nog net-net aan die vasteland vassit. Oor Lampie, die vuurtoringwagter se dogter, wat elke aand die een-en-sestig trappies uitklim om die lig aan te steek. Oor ’n stormagtige aand, wanneer die vuurhoutjies op is en alles skeefloop. Maar veral oor dapperheid en hoe jy meer kan regkry as wat jy ooit gedink het.

“Fan-tas-ties! Vir seker ’n reusegenot.” Trouw

“’n Indrukwekkende debuut. [ …] ’n Grootse, doldraaiende, sprokiesagtige avontuur wat jy op een slag deurlees.” NRC Handelsblad

 

OOR DIE OUTEUR

Annet Schaap (1965–) is veral bekend vir die kinderboekillustrasies van meer as 200 kinderboeke (o.a. vir titels van die kinderboekskrywers Francine Oomen, Jacques Vriens, Mieke van Hooft, Thea Dubelaar en Janneke Schotveld). Sy debuteer in 2017 as skrywer met die kinderboek Lampje, waarvoor sy die Nienke van Hichtum-prys ontvang. Dit is die eerste keer dat hierdie prys aan ’n debuutwerk toegeken is. Lampje word vervolgens ook in 2018 bekroon met die Gouden Griffel (in Nederland) en die Boekenleeuw (in België), en is ook in Afrikaans beskikbaar as Lampie (vertaal deur Zandra Bezuidenhout). In 2024, wen Lampie die Elsabé Steenbergprys vir vertaalde kinder- en jeugliteratuur.

 

OOR DIE VERTALER

Zandra Bezuidenhout behaal in 2005 ’n doktorsgraad in eietydse poësie van Afrikaans- en Nederlandstalige vroue. Sy werk onder meer as vertaler, onderwyser en deeltydse dosent, en tans as vryskuttaalpraktisyn. Haar debuutbundel Dansmusieke (2000) is met die Ingrid Jonkerprys bekroon en die tweede bundel Aardling het in 2006 by Protea Boekhuis verskyn.

 

LESERSPROFIEL

Jeug (9+) en tieners

 

Addisionele Inligting

Mates 21.3 × 13.7 cm
Outeur

Annet Schaap

Illustreerder

Annet Schaap

Vertaler

Zandra Bezuidenhout

Verskyningsdatum

Maart 2021

Omslag

Sagteband

Aantal bladsye

329

ISBN

978-1-4853-1183-6

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Lampie" te beoordeel
PRYSWENNER
Mandjie