Lafras Cuyper-reeks (1-7)

R1,080.00

Karl Kielblock het verskeie boeke geskryf, waaronder die Lafras Cuyper-reeks baie bekend is en wyd versamel word. Dit handel oor seeavonture in diens van twee oorlogvoerende moondhede vroeg in die 19de eeu. Die reeks is propvol opwinding, spanning en avontuur!

Die verhaal van Lafras Cuyper is op feite gebaseer.

Koop in ‘n bundel en spaar!

Lafras Cuyper: Kanonnier (1)

Karl Kielblock het verskeie boeke geskryf, waaronder die Lafras Cuyper-reeks baie bekend is en wyd versamel word. Dit handel oor seeavonture in diens van twee oorlogvoerende moondhede vroeg in die 19de eeu. Hierdie is die eerste boek in dié reeks. Die boeke is propvol opwinding, spanning en avontuur!

Op sestienjarige leeftyd bevind Lafras Cuyper hom alleen in ʼn vyandige wêreld. Eers het sy ouers gesterf in die pokkiesepidemie wat die Kaap in 1796 getref het en daarna kom sy voog ook te sterwe. Op ʼn dag versteek hy hom op ʼn uitgaande skip en begin onwetend op dié wyse ʼn nuwe lewe - ʼn lewe van ontbering en ysere dissipline, maar ook ʼn lewe van avontuur! As Hollander staan hy eintlik buite die stryd tussen Engelse en Franse, maar hy het geen keuse nie. Hy het sy vryheid in Tafelbaai agtergelaat. Lafras Cuyper het egter ʼn besonderse gawe: buitengewone gesigsvermoë. En só ʼn man kan besonder nuttig wees by die hantering van ʼn skeepskanon. Lafras beleef in ʼn kort tyd swaarkry, opwinding, gevaar en vrees – en word selfs die held van meer as een veldslag.

Die verhaal van Lafras Cuyper is op feite gebaseer.

(Koop in 'n bundel en spaar! Sien "Bundels".)

 

6 in voorraad

Luitenant Lafras Cuyper (2)

Karl Kielblock het verskeie boeke geskryf, waaronder die Lafras Cuyper-reeks baie bekend is en wyd versamel word. Dit handel oor seeavonture in diens van twee oorlogvoerende moondhede vroeg in die 19de eeu. Hierdie is die tweede boek in dié reeks. Die boeke is propvol opwinding, spanning en avontuur!

Binne twee jaar word Lafras luitenant op die kaperskip Jeanette. Toe die skip uitseil na die eiland waar ʼn skat begrawe lê, volg twee vyandige skepe hom en Lafras moet veg om die skat te behou.

Die verhaal van Lafras Cuyper is op feite gebaseer.

(Koop in 'n bundel en spaar! Sien "Bundels".)

8 in voorraad

Lafras Cuyper en die Hirondelle (3)

Karl Kielblock het verskeie boeke geskryf, waaronder die Lafras Cuyper-reeks baie bekend is en wyd versamel word. Dit handel oor seeavonture in diens van twee oorlogvoerende moondhede vroeg in die 19de eeu. Hierdie is die derde boek in dié reeks. Die boeke is propvol opwinding, spanning en avontuur!

Tydens die Napoleontiese oorloë word Lafras gevra om ʼn Franse gesant na Indië te neem aan boord sy korvet, Hirondelle.

Die verhaal van Lafras Cuyper is op feite gebaseer.

(Koop in 'n bundel en spaar! Sien "Bundels".)

8 in voorraad

Lafras Cuyper en die Britse lokval (4)

Karl Kielblock het verskeie boeke geskryf, waaronder die Lafras Cuyper-reeks baie bekend is en wyd versamel word. Dit handel oor seeavonture in diens van twee oorlogvoerende moondhede vroeg in die 19de eeu. Hierdie is die vierde boek in dié reeks. Die boeke is propvol opwinding, spanning en avontuur!

Lafras Cuyper se boot is die Hirondelle - en die Hirondelle is die vinnigste korvet in die Indiese oseaan. Geen wonder dat die Engelse bevelvoerders in Indië die jong kaperkaptein vrees nie, want min van hulle het nog nie met sy buitengewone gesigsvermoë, wakker verstand, waaghalsigheid en dapperheid kennis gemaak nie. Toe die jong man hulle vir die soveelste keer vir die gek hou, besluit hulle dat daar so gou moontlik drasties teen hom opgetree moet word.Hulle stuur drie skepe om hom gevange te neem of, as dit nie anders kan nie, saam met sy boot na die dieptes te stuur. Hulle glo hulle plan is waterdig, maar hulle hou nie rekening met die feit dat ʼn heldedaad Lafras twee waardevolle Engelse bewonderaars besorg het nie; dat hul eie spioen homself verraai het om die koekie groen lekkerruikseep …

Die verhaal van Lafras Cuyper is op feite gebaseer.

(Koop in 'n bundel en spaar! Sien "Bundels".)

8 in voorraad

Lafras Cuyper in Frankryk (5)

Karl Kielblock het verskeie boeke geskryf, waaronder die Lafras Cuyper-reeks baie bekend is en wyd versamel word. Dit handel oor seeavonture in diens van twee oorlogvoerende moondhede vroeg in die 19de eeu. Hierdie is die vyfde boek in dié reeks. Die boeke is propvol opwinding, spanning en avontuur!

Lafras Cuyper word persoonlik deur Napoleon gevra om Franse skipbreukelinge op die eilandjie Abbé te gaan red. Hy staan nie terug vir dié lewensgevaarlike uitdaging nie en besef dat deeglike beplanning en betroubare bemanning die sleutel tot sukses is. Sal hy die Engelse om die bos kan lei en die skipbreukelinge red? Of sal hy vir Napoleon teleurstel?

Die verhaal van Lafras Cuyper is op feite gebaseer.

(Koop in 'n bundel en spaar! Sien "Bundels".)

8 in voorraad

Lafras Cuyper in Venesië (6)

Karl Kielblock het verskeie boeke geskryf, waaronder die Lafras Cuyper-reeks baie bekend is en wyd versamel word. Dit handel oor seeavonture in diens van twee oorlogvoerende moondhede vroeg in die 19de eeu. Hierdie is die sesde boek in dié reeks, propvol opwinding, spanning en avontuur!

’n Besoek aan Venesië – dit is ’n droom wat waar word vir die beroemde kaperkaptein Lafras Cuyper. Dié droom word egter ru onderbreek toe Lafras een aand in die donker stegies aangeval word. Voor hy die raaisel oor die aanval kan oplos, roep Napoleon hom terug na Parys. Lafras moet Venesië verlaat – en ook die aanvallige Justina, wat sy hart so gou verower het. Hy moet met die Turkse goewerneur gaan onderhandel oor drie Franse offisiere wat as gyselaars aangehou word. Tussendeur al die lewensgevaarlike avonture, verskyn die beeld van Justina kort-kort voor Lafras. Hy móét haar weer sien. Hy móét weer terugkeer na Venesië … en sy aanvallers.

Die verhaal van Lafras Cuyper is op feite gebaseer.

(Koop in 'n bundel en spaar! Sien "Bundels".)

 

8 in voorraad

Lafras Cuyper en die gravin (7)

Karl Kielblock het verskeie boeke geskryf, waaronder die Lafras Cuyper-reeks baie bekend is en wyd versamel word. Dit handel oor seeavonture in diens van twee oorlogvoerende moondhede vroeg in die 19de eeu. Hierdie is die sewende en laaste boek in dié reeks, propvol opwinding, spanning en avontuur!

Lafras begin al hoe meer hunker na standvastigheid: met ’n vrou en kinders in ’n huis van hul eie – sonder die gevare wat die lewe op see inhou. Gaan Lafras se seeavonture in hierdie laaste titel van die reeks tot ’n einde kom? En belangriker – sal hy uiteindelik die groot liefde vind waarna hy nog al die jare smag?

Die verhaal van Lafras Cuyper is op feite gebaseer.

(Koop in 'n bundel en spaar! Sien "Bundels".)

8 in voorraad

6 in voorraad

Beskrywing

AGTERGROND

Karl Kielblock het verskeie boeke geskryf, waaronder die Lafras Cuyper-reeks baie bekend is en wyd versamel word. Dit handel oor seeavonture in diens van twee oorlogvoerende moondhede vroeg in die 19de eeu. Die reeks is propvol opwinding, spanning en avontuur!

Die verhaal van Lafras Cuyper is op feite gebaseer.

Koop in ‘n bundel en spaar!

 

OOR DIE OUTEUR

Karl Kielblock is ʼn bekende skrywer en selfs ná sy afsterwe bly sy boeke onweerstaanbaar. In 1936 verskyn sy eerste boek Die skat van Java.  Sedertdien het daar verskeie romanse, speur- en spanningsverhale asook verskeie jeugverhale die lig gesien. In 1970 ontvang Kielblock die Scheepersprys vir die boek Rebel.

 

LESERSPROFIEL

Jeug tot volwassene. Enige leser wat hou van avontuur.

Addisionele Inligting

Gewig 0.500 kg
Mates 137 × 213 cm
Outeur

Karl Kielblock

Omslag

Sagteband

Lafras Cuyper: Kanonnier (1)

Outeur

Karl Kielblock

Omslag

Sagteband

Aantal bladsye

224

Verskyningsdatum

2015

ISBN (gedrukte boek)

978-1-4853-0345-9

Luitenant Lafras Cuyper (2)

Outeur

Karl Kielblock

Omslag

Sagteband

Aantal bladsye

204

Verskyningsdatum

2015

ISBN (gedrukte boek)

978-1-4853-0348-0

Lafras Cuyper en die Hirondelle (3)

Outeur

Karl Kielblock

Omslag

Sagteband

Aantal bladsye

199

Verskyningsdatum

2015

ISBN (gedrukte boek)

978-1-4853-0351-0

Lafras Cuyper en die Britse lokval (4)

Outeur

Karl Kielblock

Omslag

Sagteband

Aantal bladsye

172

Verskyningsdatum

2016

ISBN (gedrukte boek)

978-1-4853-0354-1

Lafras Cuyper in Frankryk (5)

Outeur

Karl Kielblock

Omslag

Sagteband

Aantal bladsye

208

Verskyningsdatum

2016

ISBN (gedrukte boek)

978-1-4853-0357-2

Lafras Cuyper in Venesië (6)

Outeur

Karl Kielblock

Omslag

Sagteband

Aantal bladsye

256

Verskyningsdatum

2017

ISBN (gedrukte boek)

978-1-4853-0360-2

Lafras Cuyper en die gravin (7)

Outeur

Karl Kielblock

Omslag

Sagteband

Aantal bladsye

208

Verskyningsdatum

2017

ISBN (gedrukte boek)

978-1-4853-0363-3

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Lafras Cuyper-reeks (1-7)" te beoordeel
Mandjie