Lafras Cuyper: Kanonnier (1)

R150.00

Karl Kielblock het verskeie boeke geskryf, waaronder die Lafras Cuyper-reeks baie bekend is en wyd versamel word. Dit handel oor seeavonture in diens van twee oorlogvoerende moondhede vroeg in die 19de eeu. Hierdie is die eerste boek in dié reeks. Die boeke is propvol opwinding, spanning en avontuur!

Op sestienjarige leeftyd bevind Lafras Cuyper hom alleen in ʼn vyandige wêreld. Eers het sy ouers gesterf in die pokkiesepidemie wat die Kaap in 1796 getref het en daarna kom sy voog ook te sterwe. Op ʼn dag versteek hy hom op ʼn uitgaande skip en begin onwetend op dié wyse ʼn nuwe lewe – ʼn lewe van ontbering en ysere dissipline, maar ook ʼn lewe van avontuur! As Hollander staan hy eintlik buite die stryd tussen Engelse en Franse, maar hy het geen keuse nie. Hy het sy vryheid in Tafelbaai agtergelaat. Lafras Cuyper het egter ʼn besonderse gawe: buitengewone gesigsvermoë. En só ʼn man kan besonder nuttig wees by die hantering van ʼn skeepskanon. Lafras beleef in ʼn kort tyd swaarkry, opwinding, gevaar en vrees – en word selfs die held van meer as een veldslag.

Die verhaal van Lafras Cuyper is op feite gebaseer.

(Koop in ‘n bundel en spaar! Sien “Bundels”.)

6 in voorraad

Beskrywing

AGTERGROND

OOR DIE OUTEUR

Karl Kielblock is ʼn bekende skrywer en selfs ná sy afsterwe bly sy boeke onweerstaanbaar. In 1936 verskyn sy eerste boek Die skat van Java.  Sedertdien het daar verskeie romanse, speur- en spanningsverhale asook verskeie jeugverhale die lig gesien. In 1970 ontvang Kielblock die Scheepersprys vir die boek Rebel.

LESERSPROFIEL

Jeug tot volwassene. Enige leser wat hou van avontuur.

Addisionele Inligting

Gewig 0.300 kg
Mates 137 × 213 cm
Outeur

Karl Kielblock

Omslag

Sagteband

Aantal bladsye

224

Verskyningsdatum

2015

ISBN (gedrukte boek)

978-1-4853-0345-9

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Lafras Cuyper: Kanonnier (1)" te beoordeel
Mandjie