Kyk hoe mooi is Panama

R100.00

Tiertjie en Beertjie is beste vriende. Hulle beleef allerhande wonderlike avonture saam. En hulle is vir niks bang nie, want saam is hulle sterker as enigiets op aarde. “As mens ’n vriend het, hoef mens vir niks op aarde bang te wees nie!”

4 in voorraad

Beskrywing

AGTERGROND

Tiertjie en Beertjie is beste vriende. Hulle beleef allerhande wonderlike avonture saam. En hulle is vir niks bang nie, want saam is hulle sterker as enigiets op aarde. “As mens ’n vriend het, hoef mens vir niks op aarde bang te wees nie!”

Beer en Tier woon gelukkig en tevrede in ’n snoesige, klein huisie aan die rivier. Maar wanneer daar eendag ’n krat uit die rivier spoel, met PANAMA op geskryf, gaan die twee op reis na die land van hul drome. Saam pak hulle allerhande avonture aan: hulle gaan op ’n skattejag, hou groot partytjies, en arme Tier beland selfs in die dierehospitaal.

Hierdie bundel bevat ses van die welbekende Duitse skrywer se tydlose Ben en Tiertjie-stories.

OOR DIE OUTEUR

Janosch (Horst Eckert) is in 1931 in Hindenburg (nou Zarbze), Duitsland, gebore. Hy is een van die bekendste skrywer en illustreerder van Duitse kinderboeke. In die 1950’s het hy by ’n tekstielfabriek patrone geteken en daarvolgens kuns gaan studeer. Teen 1980 het hy oor die 100 kinderboeke in 30 tale gepubliseer en pryse gewen, waaronder die Duitse Jeugliteratuurprys en die Zilveren Griffel.

 

LESERSPROFIEL

Kleuters, voorskool en jeug (7-9 jaar)

 

Addisionele Inligting

Mates 24.0 × 16.5 cm
Outeur

Janosch (Horst Eckert)

Illustreerder

Janosch (Horst Eckert)

Vertaler

Rentia Bartlett-Möhl

Verskyningsdatum

Desember 2017

Omslag

Hardeband

Aantal bladsye

288

ISBN

978-1-4853-0758-7

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Kyk hoe mooi is Panama" te beoordeel
Mandjie