Kweek kinders met karakter

R320.00

As jy ‘n ouer is, kan jy jou waarskynlik nie die lewe sonder een van jou kinders se unieke eienskappe voorstel nie. Dit verskaf jou vreugde, maar kan ook soms ‘n uitdaging wees. Kweek kinders met karakter is ‘n konsep wat spruit uit Hettie Brittz se reis met haar eie kinders. Dit is geskryf vir ouers in elke fase van ‘n kind se lewe, en help ma’s en pa’s om hulle kinders se uniekheid te ontdek en te koester. Wil jy graag weet… Waarom ‘n straf vir een kind werk, maar nie vir die ander nie? Hoe om jou kind se taal te praat sodat julle mekaar regtig verstaan? Hoe om jou kind se emosies en behoeftes reg te hanteer? Dan is Kweek kinders met karakter vir jou bedoel!

21 in voorraad

Beskrywing

AGTERGROND

Hettie klassifiseer die verskillende temperamente as boomtipes, en leer ouers hoe om elke kind volgens sy temperament te kweek en te snoei. Palmboomkinders is entoesiasties, raak maklik opgewonde, is energiek en loop oor van idees. Hulle haat dit om alleen te wees en kan alles ontwrig, gevolglik is rustige eie tyd vir hulle ma’s buite die kwessie. Hulle is mal daaroor om pret te he! Die roosboom is gedrewe, vreesloos, ferm en voorbarig. Hulle het ‘n vinnige humeur en wil in beheer wees. Hulle kan soms geniepsig wees, maar as hulle genoeg verantwoordelikhede kry, word hulle die mooiste rose. Die denneboomkind is liefdevol en het ‘n rustige geaardheid. Aangesien hulle met min aandag tevrede is, kan hulle behoeftes misgekyk word. Agter die sagte geaardheid skuil egter ‘n wil van staal wanneer hulle uit hulle gemaksone gedwing word. Die sierboomkind is ‘n wysneus en perfeksionis. Hulle is meer pessimisties as die ander boomsoorte en is baie presies en netjies. Hulle volg instruksies tot op die letter en kan baie angstig en onseker wees. Jy en jou kinders en julle gesinsopset is uniek, daarom kry jy ‘n unieke stel riglyne wat jy maklik kan volg.

OOR DIE OUTEUR

Hettie Britz is internasionaal geakkrediteer as ‘n professionele lewensafrigter en werk deeltyds met gesinne in krisis. Sy is die mede-ontwikkelaar van Immergroen ouerskap, Tall Trees Profiles en die EIActivator, wat gesinne en leiers toerus vir persoonlike ontwikkeling, verhoudingsgroei, hoër emosionele intelligensie en geestelike volwassewording. Sy en haar man, Louis, het drie kinders en ‘n kleinkind en woon in Tennessee.

Hettie Britz se eerste boek getiteld “Kweek kinders met karakter” is in 2007 uitgegee deur Carpe Diem Media. Duisende kopieë is verkoop en die voorblad het ’n hele paar keer verander. Hettie het nou die regte verkry om self die boek te publiseer en ’n ongedateerde weergawe geskryf, wat in Mei 2024 vrygestel is. 

LESERSPROFIEL

Ouers

Addisionele Inligting

Gewig 0.5 kg
Mates 24 × 15 cm
Outeur

Hettie Brittz

Illustreerders

Henriëtte Lategan & Tharina du Preez

Aantal bladsye

266

Verskyningsdatum

Mei 2024

Omslag

Hardeband

ISBN

979-8-9881329-2-9

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Kweek kinders met karakter" te beoordeel
Topverkoper!
Mandjie