Kris de Kat

R190.00

’n Pragtige prenteboek oor vriendskap, lojaliteit en klein katjies!

20 in voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

Kris de Kat was ’n straatsangers-kat,

’n straatsangers-kat was hy.

En by die Leeu in Lelielaan was Klaas en Kris te kry

waar mense luister in ’n kring

na Kris wat miaau en Klaas wat sing:

“Hier gaan alles gaaf en goed.

Gooi tog ietsie in ons hoed.

Dis ek en hy en ’n ou kitaar,

en hier sing ons ons liedjies klaar.”

’n Pragtige prenteboek oor vriendskap, lojaliteit en klein katjies!

 

OOR DIE OUTEUR

Julia Donaldson is een van die top kinderboekskrywers wêreldwyd. Sy was die VK se “Children’s Laureate” van 2011–2013 en het al meer as 100 kinderboeke geskryf. Haar boeke het al verskeie pryse gewen, onder andere die Red House Children’s Book Award en die Blue Peter Award. Sy woon in Glasgow, Skotland, saam met haar man, Malcolm.

 

OOR DIE ILLUSTREERDER

Axel Scheffler is ’n illustreerder van top internasionale kinderboeke. Sy illustrasies is in meer as 30 lande gepubliseer, en sy werk word wêreldwyd uitgestal. Hy is veral bekend vir The Gruffalo en Zog and the flying doctors. Hy woon in Londen, Engeland.

 

OOR DIE VERTALER

Philip de Vos (1939) is veral bekend as fotograaf, skrywer en digter. Hy doen baie rymvertalings en het heelwat lirieke vir animasieprogramme op TV geskryf. Hy is ook al bekroon met die ATKV-kinderboektoekenning (1989), M.E.R.-prys (1996) en die Alba Bouwer-prys (1998). In 2004 het hy ’n IBBY-toekenning ontvang vir sy vertaling van Die spree met foete.

 

LESERSPROFIEL

4+ jaar (kleuters, voorskool en jeug)

Addisionele Inligting

Gewig 0.33 kg
Mates 27.0 × 21.5 cm
Outeur

Julia Donaldson

Vertaler

Philip de Vos

Illustreerder

Axel Scheffler

Verskyningsdatum

Junie 2019

Omslag

Hardeband

Aantal bladsye

40

ISBN

978-1-4853-0030-4

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Kris de Kat" te beoordeel
Mandjie