#kouekoffie

(1 customer review)

R180.00

As slaap en alleen piepie vir die voëls is, jy weke laas beenhare kon skeer, jy sukkel om in jou broeke te pas en push-up bra’s moet dra – o ja, en jy gewoond is aan koue koffie – dan is hierdie rubriekbundel vir jou!

13 in voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys
SKU: KKB40 Genres: , , ,

Beskrywing

AGTERGROND

As slaap en alleen piepie vir die voëls is, jy weke laas beenhare kon skeer, jy sukkel om in jou broeke te pas en push-up bra’s moet dra – o ja, en jy gewoond is aan koue koffie – dan is hierdie rubriekbundel vir jou!

’n Humoristiese blik op die vreugdes en uitdagings van moederskap en vrouwees.

Carla Lang se blog, #kouekoffie, het reeds oor die 18 000 aanhangers (followers). Van die rubrieke het oorspronklik op Netwerk24 verskyn.

 

OOR DIE OUTEUR

Carla Lang, ma van drie jong kinders, het ‘n BComRegte-graad, ‘n nagraadse LLB-graad en is ‘n toegelate prokureur. Sy het ook ‘n Sertifikaat in Afrikaanse Redigering en Proeflees, het een gepubliseerde boek agter haar naam, asook ‘n paar kinderboeke wat sy vertaal het na Afrikaans, en is die stigter en mede-eienaar van die aanlyn boekwinkel: KoueKoffieBoeke.

Sy het jare lank voltyds vir ‘n uitgewer gewerk as redakteur en regsadviseur. Sy was ook ‘n rubriekskrywer vir Netwerk24 en skryf op ‘n vryskutbasis artikels en rubrieke vir LitNet. In totaal het sy meer as 10 jaar se ondervinding in Afrikaanse redigering, proeflees, manuskripkeuring, manuskripontwikkeling en vertaling. Tans is sy ‘n vryskutredakteur, ‘n rubriekskrywer en ‘n besigheidseienaar. Sy, haar man en hul drie kinders woon in Kenridge saam met hulle twee honde.

 

LESERSPROFIEL

Alhoewel ma’s groot aanklank sal vind by Lang se rubrieke, sal dit tot enige hedendaagse vrou spreek. Lang wys hoe daar van vroue verwag word om werk, familie en die huis te behartig – en dan moet hulle nog goed lyk terwyl hulle dit doen! Haar skryfwerk is humoristies maar simpatiek. Haar stories oor kinders, troeteldiere en familielewe sal ook tot mans spreek.

Addisionele Inligting

Gewig 0.221 kg
Mates 13.7 × 21.3 cm
Outeur

Carla Lang

Omslagontwerp

Hanli Deysel

Verskyningsdatum

Junie 2021

Aantal bladsye

192

Omslag

Sagteband

ISBN

9781485312321

1 resensie vir #kouekoffie

  1. Qwen-Dalean Van der Merwe

    Goeie dag. My 4 kinders is nou al heelwat ouer. Jou boek raakgeloop opsoek na iets anders in die boekwinkel. Heerlike ontspanne leesstof wat ek wens was al daar toe my kinders klein was. Baie dankie. Wens ek het ‘n talent vir skryf gehad. Lekker om boeke te lees wat mens so ontspanne kan lees. Hoop al die jong ouers koop en lees dit.

Add a review
Iets vir die grootmense!