Kodenaam Piesangs

R295.00

Die elfjarige Eric bring die meeste van sy dae deur in die plek wat hom die gelukkigste maak: die Londense dieretuin. En daar is een dier vir wie hy ontsaglik lief is: Gertrude die gorilla. Terwyl daar oral in Londen bomme val, moet Eric vir Gertrude red. Saam met sy oom Sid, ’n opsigter by die dieretuin, vlug die drie …

Kodenaam Piesangs is ’n gilsnaakse en aksiebelaaide avontuur vir die hele gesin.

 

9 in voorraad

Beskrywing

AGTERGROND

Betree die wêreld van David Walliams!

 

  1. BRITTANJE VOER OORLOG TEEN NAZI-DUITSLAND.

Die elfjarige Eric bring die meeste van sy dae deur in die plek wat hom die gelukkigste maak: die Londense dieretuin. En daar is een dier vir wie hy ontsaglik lief is: Gertrude die gorilla.

Terwyl daar oral in Londen bomme val, moet Eric vir Gertrude red.

Saam met sy oom Sid, ’n opsigter by die dieretuin, vlug die drie. Maar terwyl hulle in ’n seedorpie wegkruip, vlek hulle ’n hoogs geheime Nazi-komplot oop …

Kodenaam Piesangs is ’n gilsnaakse en aksiebelaaide avontuur vir die hele gesin.

 

OOR DIE OUTEUR

David Walliams het die kinderboekwêreld stormenderhand verower. Tans is hy die grootste Britse kinderboekouteur wat die afgelope dekade gedebuteer het. Sy boeke het sover meer as 25 miljoen eksemplare verkoop, en is sover in meer as 53 tale vertaal – Afrikaans ingesluit!

Mr Stink (Mnr Stink, 2016), The Boy in the Dress (Die seun in die rok, 2017), Gangsta Granny (Ouma is ’n kroek, 2015) en Billionaire Boy (Boudebiljoenêr, 2016) is aangepas vir Britse televisie. Ratburger (Rotburger, 2015) en Demon Dentist (Die tandeterroris, 2017) het albei die National Book Awards Children’s Book of the Year in Brittanje gewen. Dit is geen verrassing dat Walliams in dieselfde asem genoem word as sy held Roald Dahl nie.

 

OOR DIE ILLUSTREERDER

Tony Ross is ’n baie suksesvolle kinderboekillustreerder wat bekend is vir titels soos Harry the Poisonous Centipede deur Lynne Reid Banks, en die Little Wolf-reeks deur Ian Whybrow.

 

OOR DIE VERTALER

Kobus Geldenhuys is bekend vir sy kinderboek­vertalings van outeurs soos J.K. Rowling en Roald Dahl. In 2015 het hy die Elsabé Steenbergprys vir vertaalde kinder- en jeugliteratuur in Afrikaans ontvang vir Cressida Cowell se Hoe om jou draak te tem: Hoe om Drakonees te praat, en in 2018 vir M.G. Leonard se Kewerknaap. In 2016 is hy met die Alba Bouwerprys vir kinder- en jeugliteratuur bekroon vir sy vertaling van Michael Morpurgo se Hoekom die walvisse gekom het. Hy het by geleentheid ook Artes- en Safta-toekennings ontvang, en is verskeie kere benoem vir sy gesinchroniseerde vertalings van TV-reekse en animasiefilms vir die destydse SAUK-oorklankingsafdeling. Wanneer hy nie vertaal nie, skryf hy televisietekste vir Suid-Afrikaanse sepies en dramas soos Villa Rosa, Swartwater, Binnelanders en Suidooster.

 

LESERSPROFIEL

Voorskool, jeug en tieners

Addisionele Inligting

Gewig .470 kg
Mates 19.7 × 12.7 cm
Outeur

David Walliams

Vertaler

Kobus Geldenhuys

Illustreerder

Tony Ross

Aantal bladsye

480

Verskyningsdatum

Januarie 2023

Omslag

Sagteband

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Kodenaam Piesangs" te beoordeel
Mandjie