Afslag!

Kerneels en die Krismisengel

Original price was: R100.00.Current price is: R70.00.

Die agtjarige Kerneels kuier graag saam met oom Sol, die veiligheidswag. Oom Sol leer hom van die Aandster en die Melkweg, Orion en die Skerpioen, en op Oukersaand wil Kerneels weet watter ster is die Betlehemster. “Ek dink hy het verskiet en in miljoene stukkies opgebreek,” sê oom Sol. “Elke stukkie het iewers in iemand se hart vasgesteek en help ons om mekaar lief te hê.”

Toe Kerneels wil weet of mens ‘n engel sal sien as jy in ‘n regte vuurpyl na die sterre toe gaan, lag oom Sol net. Maar op Kersoggend het hy ‘n verrassing vir Kerneels. Dis ‘n boodskap van ‘n engel …

Hierdie publikasie is ook beskikbaar in Engels, Chris and the Christmas Angel.

Uit voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

Kerneels is ’n agtjarige seuntjie met kortgeskeerde hare en ’n stukkende groottoon. Sy ma is ’n skoonmaakster by ’n winkelsentrum, en wanneer sy nagskof werk, moet Kerneels saamgaan. Hy trek dan sy pajamas onder sy klere aan, en sy ma maak vir hom ’n bed in die stoorkamer waar die skoonmaakgoed gebêre word. Dis vir Kerneels baie lekkerder by die winkelsentrum as by die huis. Hy kuier met oom Sol, die veiligheidswag, wat elke aand sy toebroodjies en frikkadelle met Kerneels deel, en hom leer van die Aandster en die Melkweg, Orion en die Skerpioen. Maar Kerneels wil weet of mens engele sal sien as jy in ’n regte vuurpyl na die sterre toe gaan, en op Oukersaand wil hy hê oom Sol moet die Betlehemster uitwys. “Ek dink hy het verskiet en in miljoene stukkies opgebreek,” sê oom Sol. “Elke stukkie het iewers in iemand se hart vasgesteek en help ons om mekaar lief te hê.”

 

Vroeg op Kersoggend, net ná Kerneels in die stoorkamer wakker geword het en sy ma se nagskof tot ’n einde kom, kondig oom Sol aan dat hy vir hom ’n boodskap van ’n engel het. Hy gee vir Kerneels ’n wit veertjie, en knipoog, voor hy op sy fiets spring en in die donker oggend huis toe ry. Sy fiets se speke sing soos hy ’n pad tussen die sterre ooptrap. Kerneels wag tot oom Sol omkyk en knipoog terug. Toe bêre hy die wit veertjie in sy hempsak en gaan tevrede huis toe. Hy het uiteindelik ’n engel gesien. “Nie een met ’n goue rok en ’n stralekrans nie. ’n Regte Krismisengel met ’n fiets en ’n kosblik en ’n radio … en ’n gaatjie in sy een skoen.”

Hierdie publikasie is ook beskikbaar in Engels, Chris and the Christmas Angel.

 

OOR DIE OUTEUR

Wendy Maartens woon in Table View – ’n klipgooi van die “groot blou dam”, Rietvlei se strandmeer en die Weskus waar alles om die draai van die gety, vroegoggend se vangs en die stories van vroeër dwaal. Sy is ’n kinderboekskrywer, joernalis, vertaler en dromer. In 2005 het Lena se bottelboom Exclusive Books se “Publisher’s Choice”-lys gehaal en in 2006 het Maartens ’n eervolle vermelding by die Noma-toekennings ontvang. Sy was ook twee keer ’n finalis by die ATKV se Veertjie-toekennings: In 2006 vir Lena se Bottelboom en in 2007 vir ’n rubriek.

 

LESERSPROFIEL

Kleuters, voorskool en jeug (7-9 jaar)

 

Addisionele Inligting

Gewig .500 kg
Mates 27 × 21.0 cm
Outeur

Wendy Maartens

Illustreerder

Anneliese Voigt-Peters

Verskyningsdatum

Januarie 2018

Omslag

Hardeband

Aantal bladsye

40

ISBN

9781485308515

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Kerneels en die Krismisengel" te beoordeel