Description
Let wel: Om hierdie aktiwiteitsboek te voltooi, benodig jy die volgende leesboekies: Jaap wil gaan slaap; Leen en Kees; Joop loop en droom; Die nuus oor die vuur; Mien kan sien; Die boek in die hoek; Die vrou hou van blou en Die seun wat kreun. (Al hierdie boekies is beskikbaar op ons webtuiste. Die boekies en die aktiwiteitsboek is ook saam as ‘n bundel beskikbaar.)
Katryn & Kie se Aktiwiteitsboek 1 is gebaseer op Katryn en Kie se eerste reeks leesboekies. Kom teken vir Jaap klaar en help vir Leen om die woorde reg te skryf. Trek die pad wat Joop moet loop om by die skool te kom en kyk hoe die nuus oor die vuur versprei het. Teken ‘n mooi tuin vir Mien se diere en kleur vir Boela boek en die boekrak in. Oefen meervoude saam met Mevrou Pou en help die seun om sy probleem op te los.
Toepaslik vir Graad 1&2 Huistaal, Graad 3&4 EAT
OOR DIE OUTEUR EN ILLUSTREERDER
Hierdie reeks is ontwikkel deur ‘n Ma (onderwyseres) en dogter (grafiese ontwerper). Helena Viljoen is die skrywer van die prettige stories en Adrien Terblanché illustreer en ontwerp die uitleg van die boekies.
Reviews
There are no reviews yet.