Karnaval van die diere

R190.00

Die versiemaker Philip de Vos en die kunstenaar Piet Grobler skep prettige rympies en illustrasies geïnspireer deur die komponis Camille Saint-Saëns se Le carnaval des animaux (1886).

10 in voorraad

Beskrywing

AGTERGROND   

Die versiemaker Philip de Vos en die kunstenaar Piet Grobler skep prettige rympies en illustrasies geïnspireer deur die komponis Camille Saint-Saëns se Le carnaval des animaux (1886). Saint-Saëns se werk is geïnspireer deur leeus, hoenders, muile, skilpaaie, olifante, kangaroes en ander diere. Die werk bestaan uit 14 bewegings wat vir twee klaviere en ’n kamerorkes geskryf is.

Die eerste uitgawe van Karnaval van die diere verskyn in 1998 by Human & Rousseau. Dit word baie goed ontvang en word in Engels, Duits, Italiaans en Nederlands vertaal.

OOR DIE OUTEUR

Philip de Vos is ’n bekroonde skrywer, fotograaf en versiemaker van formaat en is in 2015 beloon met ’n KykNET Fiësta Lewensbydrae vir Musiek, Woord- en Visuele kuns in Suid-Afrika. As kind wou hy dolgraag sirkusnar word – en vandag laat hy met die humor in sy werk ’n ieder en ’n elk glimlag. Hy is baie lief vir diere en goggas, en het nog nooit eens ’n mier met opset doodgetrap nie.

 

OOR DIE ILLUSTREERDER

Piet Grobler is ’n bekroonde illustreerder wat met sy kunswerke stories vertel. Hy het al meer as 80 boeke geïllustreer en illustrasiewerk vir verskeie tydskrifte en koerante gedoen insluitende Sunday Times, De Kat, Insig, Sarie en Taalgenoot. Hy was senior dosent en kursusleier in Illustrasie aan die Universiteit van Worcester in England.

 

LESERSPROFIEL

Kinders (kleuters, voorskool, jeug en tieners) en volwassenes

Addisionele Inligting

Gewig 0.5 kg
Mates 21.8 × 21.8 cm
Outeur

Philip de Vos

Illustreerder

Piet Grobler

Verskyningsdatum

September 2019

Aantal bladsye

32

Omslag

Hardeband

ISBN

978-1-4853-0850-8

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Karnaval van die diere" te beoordeel
Mandjie