Afslag!

Kaarte (Reuseboek)

Original price was: R450.00.Current price is: R400.00.

Hierdie kaartboek is veel meer as ’n gewone atlas – dit is ’n visuele fees vir lesers van alle ouderdomme, ryklik versier deur die bekende Mizielinskis. Ontdek grense, stede, riviere en bergpieke, maar ook geskiedkundige plekke, ikoniese mense, belangrike plante en diere, kulturele gebeurtenisse en baie ander fassinerende feite wat met die verskillende plekke op ons planeet geassosieer word.

Kaarte is deel van die gewilde Welkom by die museum-reeks. Ander titels in die reeks is: Planetarium, Dinosourium, Anatomicum en Botanicum.

12 in voorraad

Beskrywing

AGTERGROND

OOR DIE ILLUSTREERDER EN ONTWERPER

Aleksandra Mizielińska en Daniel Mizieliński (al twee gebore in 1982) is grafiese ontwerpers en skrywers van kinderboeke, gegradueerdes van die Warskou Akademie van Beeldende Kunste. Die werk van hierdie duo word dikwels geassosieer met die rewolusie van die Poolse kinderboekmark. Hulle kragtige styl word gevind van strokiesprente en karikatuur en hulle spesialiteit is ensiklopediese kinderboeke – met uitermatige versameling van kennis, in visueel aantreklike styl. Hulle boeke soos. H.O.U.S.E, What Will Become of You?, the Welcome to Mamoko-reeks, Maps en Under Earth, Under Water, is in meer as dertig lande gepubliseer. Hulle het verskeie toekennings ontvang vir hulle boeke en webblaaie, insluitend die invloedryke internasionale Bologna Ragazzi Toekenning (2010), die Franse Prix Sorcières (2013) en die Italiaanse Premio Andersen (2013).

LESERSPROFIEL

Kinders vanaf 7 jaar. Maar beslis ook vir volwassenes. Vir alle leunstoel-reisigers.

Addisionele Inligting

Gewig 0.5 kg
Mates 37.0 × 27.2 cm
Outeurs

Aleksandra Mizielińska en Daniel Mizieliński

Vertaler

Esta Grobler

Illustreerders

Aleksandra Mizielińska en Daniel Mizieliński

Verskyningsdatum

Januarie 2019

Aantal bladsye

112

Omslag

Hardeband

ISBN

978-1-4853-0892-8

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Kaarte (Reuseboek)" te beoordeel
Mandjie