Beskrywing
AGTERGROND
Ontmoet vir Jorsie, ’n klein worshond met ’n groot hart en ’n nog groter familie! Maar wag, hy’s nie sommer ’n gewone worsie nie … terwyl sy neefs en niggiesskoothonde is, is Jorsie anders. Hy’s nie tevrede met ’n gewone hondelewe nie, hy wil ’n polisiehond wees! Wanneer een van Jorsie se skaaphondmaats se lammertjies skielik wegraak, is die dorp se drie polisiehonde nie baie lus om te help soek nie. Jorsie kom gelukkig op ’n leidraad af … Sal hy die raaisel kan oplos en die lammertjie veilig kan terugbring na die plaas?
OOR DIE OUTEUR
Heléne Booyens het van kleins af hondjies en perde in die kantlyne van haar skoolboeke gekrabbel. Vandag is sy ‘n skrywer en illustreerder, asook ‘n redakteur by Penguin Random House Suid-Afrika. Sy het honneursgrade in Bewaringsekologie en Joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch, en ‘n lisensie om slange te vang en hervestig.
LESERSPROFIEL
Jong jeug
Resensies
Daar is tans geen resensies nie.