Jasper se sirkusavontuur (11)

R140.00

Hierdie is die elfde ( en laaste) titel in die Jasper-reeks. Saam met die Viermanskap is die leser bly oor die sukses wat behaal word en saam met die vriende word daar getreur oor die brandende sitvlakke!

Jasper se pa wil weet wat hy eendag wil word. Die probleem is dat daar so baie opsies is. Soms wil hy ’n renmotorjaer word wat in ’n rooi Ferrari oor die aarde skeer, dan stel hy weer belang in rillerverhale skryf en net die volgende dag wil hy regte gaan studeer. Toe die sirkus egter ’n draai in Leliesvlei maak, besef Jasper dat hy eintlik ’n akrobaat wil word. Maar sal sy ouers sy besluit ondersteun?

 

2 in voorraad

Beskrywing

AGTERGROND

Die Jasper-jeugreeks is die eerste keer uitgegee in 1959 en daar was verskeie herdrukke.

Hierdie is die elfde (en laaste) titel in die Jasper-reeks. Vir enige kind sal dit ure se genot verskaf, want dit is ‘n boek om te lees en te herlees. Saam met die Viermanskap is die leser bly oor die sukses wat behaal word en saam met die vriende word daar getreur oor die brandende sitvlakke!

Jasper se pa wil weet wat hy eendag wil word. Die probleem is dat daar so baie opsies is. Soms wil hy ’n renmotorjaer word wat in ’n rooi Ferrari oor die aarde skeer, dan stel hy weer belang in rillerverhale skryf en net die volgende dag wil hy regte gaan studeer. Toe die sirkus egter ’n draai in Leliesvlei maak, besef Jasper dat hy eintlik ’n akrobaat wil word. Maar sal sy ouers sy besluit ondersteun?

Kom deel in die avonture van Jasper.

 

OOR DIE OUTEUR

Christiaan Frederik Beyers-Boshoff (1926-1989) was ʼn baie produktiewe skrywer wat veral vir sy Jasper-boeke onthou sal word. Hy het ook tientalle tydskrifverhale, kortverhale en ontspanningsromans geskryf. Hy het veral bekendheid verwerf vir radioverhale soos Ongewenste vreemdeling, Dans van die flamink en My liedjie van verlange. Twee van sy draaiboeke, Catch me a dream en Karate Olympia, is in Amerika verfilm en versprei. Hy het ook televisiedraaiboeke vir die Amerikaanse mark geskryf.

 

LESERSPROFIEL

Voorlees en selflees. 7-14 jaar

Addisionele Inligting

Gewig 0.300 kg
Mates 137 × 213 cm
Outeur

CF Beyers-Boshoff

Omslag

Sagteband

Omslagontwerp

Hanli Deysel

Omslagillustrasie

Theodore Key

Aantal bladsye

104

Verskyningsdatum

April 2017

ISBN (gedrukte boek)

978-1-4853-0396-1

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Jasper se sirkusavontuur (11)" te beoordeel
Mandjie