Jasper se plaasvakansie (3)

R140.00

Hierdie is die derde titel in die Jasper-reeks. Saam met die Viermanskap is die leser bly oor die sukses wat behaal word en saam met die vriende word daar getreur oor die brandende sitvlakke!

Jasper gaan kuier op die plaas en wat ‘n avontuur is dit nie! Van jagluiperds jag tot hoenders vang – Jasper geniet hom gate uit!

 

1 in voorraad

Beskrywing

AGTERGROND

Die Jasper-jeugreeks is die eerste keer uitgegee in 1959 en daar was verskeie herdrukke van dié gewilde reeks.

Hierdie is die derde titel in die Jasper-reeks. Vir enige kind sal dit ure se genot verskaf, want dit is ‘n boek om te lees en te herlees. Saam met die Viermanskap is die leser bly oor die sukses wat behaal word en saam met die vriende word daar getreur oor die brandende sitvlakke!

Jasper gaan kuier op die plaas en wat ‘n avontuur is dit nie! Van jagluiperds jag tot hoenders vang – Jasper geniet hom gate uit!

Kom deel in die avonture van Jasper!

 

OOR DIE OUTEUR

Christiaan Frederik Beyers-Boshoff (1926-1989) was ʼn baie produktiewe skrywer wat veral vir sy Jasper-boeke onthou sal word. Hy het ook tientalle tydskrifverhale, kortverhale en ontspanningsromans geskryf. Hy het veral bekendheid verwerf vir radioverhale soos Ongewenste vreemdeling, Dans van die flamink en My liedjie van verlange. Twee van sy draaiboeke, Catch me a dream en Karate Olympia, is in Amerika verfilm en versprei. Hy het ook televisiedraaiboeke vir die Amerikaanse mark geskryf.

 

LESERSPROFIEL

Voorlees en selflees. 7-14 jaar

Addisionele Inligting

Gewig 0.300 kg
Mates 137 × 213 cm
Outeur

CF Beyers-Boshoff

Omslag

Sagteband

Omslagontwerp

Hanli Deysel

Omslagillustrasie

Theodore Key

Aantal bladsye

104

Verskyningsdatum

2015

ISBN (gedrukte boek)

978-1-4853-0372-5

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Jasper se plaasvakansie (3)" te beoordeel
Mandjie