Jasper in gevaar (10)

R140.00

Hierdie is die tiende titel in die Jasper-reeks. Saam met die Viermanskap is die leser bly oor die sukses wat behaal word en saam met die vriende word daar getreur oor die brandende sitvlakke!

Saam met ‘n groep kinders van Leliesvlei se hoërskool, en onder toesig van meneer Basson, gaan Jasper die Wildtuin besoek. Maar op pad daarheen – en nogal op ‘n steil bergpas en in gietende reën van ‘n Laeveldse donderstorm – raak die bus waarmee hulle reis onklaar. En lank nadat die donderstorm bedaar het, staan die logge ou rooi gevaarte nog al die tyd langs die pad, te steeks om ‘n wiel te verroer.  Nou nie heeltemal met meneer Basson se toestemming nie, besluit Jasper en sy drie maats dat hulle die wêreld moet gaan verken en kyk of hulle nie hulp kan kry nie. En ja werklik, voordat hulle baie ver gevorder het, hoor hulle die gedreun van ‘n vragmotor, wat hulle na ‘n afgesonderde plaashuis lei. Omhul deur die waas van geheimsinnigheid, lê die huis tussen die bosse, sonder ‘n lig of enige ander teken van lewe, behalwe die vragmotor wat daar staan …

 

3 in voorraad

Beskrywing

AGTERGROND

Die Jasper-jeugreeks is die eerste keer uitgegee in 1959 en daar was verskeie herdrukke.

Hierdie is die tiende titel in die Jasper-reeks. Vir enige kind sal dit ure se genot verskaf, want dit is ‘n boek om te lees en te herlees. Saam met die Viermanskap is die leser bly oor die sukses wat behaal word en saam met die vriende word daar getreur oor die brandende sitvlakke!

Saam met ‘n groep kinders van Leliesvlei se hoërskool, en onder toesig van meneer Basson, gaan Jasper die Wildtuin besoek. Maar op pad daarheen – en nogal op ‘n steil bergpas en in gietende reën van ‘n Laeveldse donderstorm – raak die bus waarmee hulle reis onklaar. En lank nadat die donderstorm bedaar het, staan die logge ou rooi gevaarte nog al die tyd langs die pad, te steeks om ‘n wiel te verroer. Intussen begin dit reeds donker word en meneer Basson word onrustig. Nou nie heeltemal met meneer Basson se toestemming nie, besluit Jasper en sy drie maats dat hulle die wêreld moet gaan verken en kyk of hulle nie hulp kan kry nie. En ja werklik, voordat hulle baie ver gevorder het, hoor hulle die gedreun van ‘n vragmotor, wat hulle na ‘n afgesonderde plaashuis lei. Omhul deur die waas van geheimsinnigheid, lê die huis tussen die bosse, sonder ‘n lig of enige ander teken van lewe, behalwe die vragmotor wat daar staan. Jasper se kort hare gaan staan nog regopper as gewoonlik, maar hy besluit om deur te druk met sy ondersoek. Hy is immers die leier van die Viermanskap. Maar hy moes liewer net daar omgedraai en teruggestap het skoolbus toe. Dit sou beter gewees het vir almal …

Kom deel in die avonture van Jasper!

 

OOR DIE OUTEUR

Christiaan Frederik Beyers-Boshoff (1926-1989) was ʼn baie produktiewe skrywer wat veral vir sy Jasper-boeke onthou sal word. Hy het ook tientalle tydskrifverhale, kortverhale en ontspanningsromans geskryf. Hy het veral bekendheid verwerf vir radioverhale soos Ongewenste vreemdeling, Dans van die flamink en My liedjie van verlange. Twee van sy draaiboeke, Catch me a dream en Karate Olympia, is in Amerika verfilm en versprei. Hy het ook televisiedraaiboeke vir die Amerikaanse mark geskryf.

 

LESERSPROFIEL

Voorlees en selflees. 7-14 jaar

Addisionele Inligting

Gewig 0.300 kg
Mates 137 × 213 cm
Outeur

CF Beyers-Boshoff

Omslag

Sagteband

Omslagontwerp

Hanli Deysel

Omslagillustrasie

Theodore Key

Aantal bladsye

104

Verskyningsdatum

April 2017

ISBN (gedrukte boek)

978-1-4853-0393-0

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Jasper in gevaar (10)" te beoordeel
Mandjie